Skok is die wonderlikste gevoel

Klink soos koerant opskrif ne? Tog is dit baie waar. Nou hoekom sal dit wees dat ek sê skok is hierdie wonderlike gevoel? Klink vreemd want mens het gewoonlik net skok na iets traumaties met mens gebeur het. Of eerder, dit is wanneer meeste van ons skok ervaar. Tensy jy die Lotto wen, dan is dit gewoonlik positief.

My siening oor skok kom uit drie oogpunte uit. Eerstens die skok van iets onverwags. Dit mag dalk positief of negatief wees. Dit is gewoonlik in my lewe daardie oomblik wat ek terug sit of staan en net wees vir oomblik. Waar ek myself moet oortuig dat ja, dit het nou net gebeur, hy/sy het dit nou net gesê ens. Die ergste is wanneer ek besef hoe iemand warklik is teenoor wat my verwagting is. Selfs dit was al positief en in ander gevalle negatief gewees in my lewe. Vir my is dit hartseer wanneer hierdie skok gaan oor iets negatiefs. Want gewoonlik verloor jy iets, iemand of ‘n situasie met baie potensiaal. Dit is wat my vul met verlange na die drome wat mens het. Die positiewe sy is vir my die lekker. Van die drie tipes skok wat ek al ervaar het is hier middeweg een die lekkerste as dit positief is. Dit is die skok van gereelde, goeie goed in ons lewens. Die wat nog nie hierdie ervaar het nie, gee jou maat ‘n elmboog nou. Dit is die skok van vriend wat onverwags kom kuier, of uit jou kantoor uit loop en iemand het jou kar gewas, vir die vrouens is dit gewoonlik blomme of iets anders dergeliks. Die punt is dat dit gaan oor positiewe goed. Wat hierdie vir my lekker maak is die gevoel van hoop wat mens kry, hoop nie in iets in die toekoms nie maar hoop dat ja, jy as mens beteken vandag iets spesiaals vir iemand. Sien daardie daaglikse opbouing is wat ons uitkyk op die lewe verbeter.

Tweedens is die negatiewe skok. Hierdie hoop ek van harte het julle nog nie ervaar nie. Hierdie is rof. Dit is wanneer dit wat met jou gebeur, wat jy ervaar of waardeur jy gaan so erg is dat jou brein afskakel. Jou liggam word gevoelloos, jou huil en reageer op instink sonder enige herrineringe na die tyd. My waardering vir skok in hierdie geval sal ek seker nooit voldoende kan beskryf nie. Ek dink nie die mens is gebou om te rowwe tye maklik te hanteer nie. Skok help ons om nie helemal die pad byster te raak nie. Dit gee ons die kans om stukkie vir stukkie met die pyn te kan werk. Hierdie skok is gewoonlik wat my oor ‘n kort tyd tref en help om te funksioneer. Om nog dieselle te lyk, om aan te gaan ongeag wat in my hart van harte gebeur.

Derde is die skok van die golwe. Golwe is presies soos die rentjie wat jy nou in jou gedagtes het. Dit kom met tye in tot die golf op sy hoogste is en dan weer wegval tot dit met laag gety amper verdwyn. Hierdie is vir my die seerste om deur te werk. Vir geen ander rede as dat hierdie emosioneel gedrewe is, dit word nie deur ons gedagtes bepaal nie. Hierdie is die vlae emosie wat ons net oorval sonder om eers vir ons koffie te koop. Ons kan dit onderdruk (dit al gedoen, slete idee maar sal ander dag daaroor praat) of ons kan dit probeer ignoreer (onmoontlik) of ons kan ons groot seun klere aan trek en die emosie hanteer. Dit kos net dat ons besef die emosie is nie verkeerd nie, dit maak jou nie ‘n swakkeing nie, dit is net jou binneste wat die seer probeer verstaan en deur werk. Jy kan net die wonde aan jou hart genees deur na die seer aandag te gee. Die goeie ding van golwe is dit spoel alles uit, die goeie en die slegte. Jy kan weer die goeie gedagtes van lag weer ervaar al loop die trane. Hoekom is hierdie skok en nie net emosies nie? Want daar is geen waarskuwing vir wanneer hierdie goed jou tref nie. Ek onthou waar ek lekker saam gesing het op een van Nickelback se stouter liedjies en die volgende oomblik van die pad af trek want ek kon nie deur my oë verder kyk nie 5 minute van klient af. Dit gebeur. Dit is hoe die golwe jou vat. Jy kan of op jou branderplank klim en die golf ry tot sy energie uitgeput is of jy kan meegesleur word tot jy verdrink. Jou keuse.

Moenie ooit jou emosies en hart kwalik neem vir wat jy voel nie. Dit is jou emosies. Dit is gebou om onbeheerst te wees. Wees lief vir jouself, al het jy seer.

Advertisements

Is ek Fake?

Iemand vra my vandag hoe kan ek hierdie blog skryf wat vir hulle lyk asof ek ok is, en dan as ons gesels vertel van my seer. Vertel van die daaglikse goed wat gebeur wat mens breek maar tog hierdie goed skryf wat dit laat blyk ek is ok. Toe wonder ek of “Fake” is. Nie dat iemand dit van my gesê het nie, maar ek glo in myself die vraag vra.

So hierdie post is kort. Want die gedagte van Fake wees het my omgekrap. Ek besef dat mense my sien, my posts lees en dat dit die persepsie skep dat ek reg is. Want sien, ek is. Ek is ok. Maar mense is nie altyd dieselle nie. Daar gebeur goed wat jou op jou sterkste tye wil laat inmekaarsak. Dit is maar net hoe die lewe is. My pragtige kinders het vandag vorentoe geleun in die kar en opgekyk en vir die hemel, gewaai dat hulle ma moet kyk na die kar wat ons ry. Hoe hanteer mens hierdie enigsins anders as met trane?

Die punt is, ek dink ons as mense is gemaak soos kraakbene, altyd sterk, altyd breekbaar, vinnig om te herstel maar altyd gevoelig vir die goed wat ons van die kant af helemal van stryk af kan bring.

Ek is mens. Ek het seer. Ek genees. Ek breek weer. Ek lag. Ek vind vreugde. Ek huil. Ek bly op my knieë. Ek glo in waarhede wat my verstand te bowe gaan. Ek is mens.