Jou kern mens in al sy fasette

Hierdie post gaan nooit lang genoeg wees nie. Want hoe kan mens die volheid van menswees ooit verduidelik. Die goed wat ons laat lag, laat ander van ons frons. Die goed wat my maak huil het min tot geen uitwerking op iemand anders nie. So gaan die lysie aan. Vir my is wie ons is nie opgesluit so seer in wat ons maak lag of huil nie, wat ons ambisies is of selfs ons drome nie. Vir my is dit makliker on kinderlik te kyk na wie ek is in my kern. Wat wil ek hê? Soos net ‘n kind dit kan sê.

Vir baie van ons is daar ‘n skuldgevoel as ons nastreef na wat ons wil hê. (Ek kan regtig nie die prentjie van ‘n kind voor die lekkergoed kas uit my kop uit kry met die “hê” nie.) Ons word subtiel gekondisioneer om nie te veel te verwag nie, nie te ver te strek nie, nie te waag om ons harte na te jaag nie. Terselfde tyd sal bemarking elke moontlike foefie, kar, huis en vakansie aan ons probeer afsmeer alles in die naam van “volg jou droom”. Hier is die haak aan die hele ding, nie een is verkeerd nie. Die hartseer is dat as ons nie weet tot in ons siel wat ons begeertes is nie gaan elke boodskap en advertensie ons iets nuur laat najaag tot ons kern mens so opgebreuk is in verskeie, radikaal verskillende goed dat ons leeg gaan voel.

Dit beteken nie dat ons nie die opgekikkerde gevoel van die reklame van die wereld moet beveg nie, die bevegting dien geen punt nie, maar eerder dat ons moet besef wie ons is en soos ‘n fynproewer net dit vat wat vir ons tot smaak is. Vat net die goed wat jou kern mens vir jouself meer sigbaar maak en bevredig.

So wat is die kern mens? Ek het al so baie dit genoem en nog nooit probeer om dit te verduidelik nie. Nie in enige wesenlike manier nie. Ek gaan my bes probeer.

Jou kern mens verskil totaal en al van myne. Wat my dryf en wat ek najaag is helemal anders as dit wat jou dryf en wat jy najaag. Tot vroeg laas jaar het ek gedink sukses en die korporatiewe leer klim tesame met vir my familie te kan sorg was my dryfkrag. Na baie introspeksie en leer om ongelooflik eerlik te wees met myself en mense om my, plus die groei pyne en aanvalle van buite, het ek geleer wat my werklik dryf. Ek gaan so paar goed deel ter voorbeeld hier en daar.

Die volgende goed kon ek begin kwantifiseer middel laas jaar maar na ek ‘n strengths kursus begin loop het saam Retief Booysen (kontak hom vir hierdie, gaan jou wereld vir jou oopmaak) kon ek werklik met fokus my dryfkragte identifiseer. Dit was die verskil tussen met haelgeweer skiet teenoor die fokus van ‘n skerpskut.

Ek het besef ek wil verskriklik goed wees in my werk en deel wees van ‘n wen span waar my insette en bydrae ‘n verskil maak. Dit is soortgelyk aan my aanvanklike wete ek wil suksesvol wees, maar met baie meer detail om op te fokus. Sien, ek kan direk nou my aksies meet aan wat my dryf elke dag. Sien die verskil? Jy sal verbaas wees hoeveel hierdie fokus jou aksies beïnvloed.

Ek wil my familie ‘n gelukkige lewe gee in ‘n huis gevul met liefde, aanvaarding en die wete dat elke een op sy eie manier uniek is en spesiaal is. Weer, groot skuif van waar ek was. Vir my as man het dit die verskil gemaak van my loopbaan najaag agter geld om te voorsien na my werk goed doen sodat ek in die aand sonder bekommernis my familie in liefde te kan ervaar en tyd saam spandeer.

In verhoudings het ek besef daar is nie kompromie vir gelukkig wees nie. Wat jy wil hê is wat jy wil hê. Dit beteken dat jy ok is om met meeste ander onbelangrike goed tot kompromie te kom in jou verhouding as dit wat vir jou tot kern is vir jou gegee word. Vir my was dit onder andere (gaan verseker nie alles hier uitblaker nie, ek is nie onnosel nie) ‘n vrou wat my en my kinders aanvaar en lief vir hulle kan wees soos haar eie. Iemand met wie ek ‘n intelligente gesprek mee kon hê en wat op emosionele vlak kan gesels en saam wie ek hartsgoed kon uitpraat. Toe blaas God my verwagtinge uit die water en gee my alles wat ek wil hê.

Hoe vind jy jou kern mens? Introspeksie help, eerlikheid met jouself is verseker die kuns om te leer. Dit is ‘n proses en wat jou dryf gaan verander soos jou lewe vorder. Niks daarmee verkeerd nie. Die punt is om elke dag meer en meer jou kern mens na te jaag. Dit is hoe jy jou energie vlak optel na waar jou werk nie werk is nie maar iets wat vervulling bring, na waar jou verhoudings jou (as reeds gelukkige mens) diep geluk laat ervaar. Dit maak dat die goed wat jou oorkom maar nie deel is van dit wat jy nastreef nie net goed word wat gebeur en nie krisisse in jou menswees word nie. Vir my bring dit gemoedsrus. Dit bring die wete dat wat ookal gebeur en hoe lank dit ook al aanhou, nie my as mens gaan of kan sink nie.

As hierdie vir jou help, jou laat dink of iemand naby jou kan help, voel vry om dit te “share”. Vrede.

Advertisements

2 thoughts on “Jou kern mens in al sy fasette

  1. Dankie, dit was nou ‘n lekker lees. Ek glo ook elke mense se kern sal verander soos hy/sy ouer word en groei. Wat gister belangrik was is dalk vandag gladnie, en wat vandag belangrik is mag dalk môre gladnie wees nie. Ek dink jy het groter rede tot kommer as jou “kern” nooit verander en aanpas nie.

    Like

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s