Wat doen jy in jou woede tye?

Ek onthou die dag wat ek hierdie opskrif gekies het. Ek was boos verby. Ek was so kwaad dat ek eerder nie hierdie post geskryf het nie want ekt geweet dit sou ontaart in ek wat vloek soos ‘n chinese matroos in Japan. Dis darem nou al paar maande later so kom ek probeer die oorsprong van hierdie post vergeet en fokus op die lesse en vrae wat by my opkom.

Wat doen jy in jou tyd wat jy net rooi sien en die gevolge van jou aksies nie eens by jou opkom nie? Die tye dat as mense moet weet wat jy dink om te doen hulle met afgrys na jou sal staar. Hoe haal jy jouself af van die “10 Most Wanted” lys af voor jy daarop kom? Kom ons vat ‘n stappie terug en dink hieroor.

Ek het al baie (lees “te veel”) tyd spandeer om regtig te dink oor wie en wat ek is. Dit is vir my ‘n konstante proses want ek, en ek glo jy, leer elke dag nuwe dinge wat weer ‘n impak het op ons as mens. So met dit saam het ek ook agtergekom wat goed is wat my onmiddelik so boos maak dat ek eerder nie om mense moet wees nie. Nie eens ‘n naamlose vreemdeling in die mall nie. Ek weet daar is soveel goed wat ons vies maak, moet asseblief nie dit verwar met die woede waarvan ek praat nie. Daar is nie te vergelyk nie. Het jy al gesit en besin oor wat jou van kalm, besig om in ‘n blommeveld te hardloop vreedsaam tot AK47 in ‘n monster truck, ry oor huise kwaad te kry? Ek het.

Wat jou in jou woede tyd kry sal vir meeste ouers enige iets wees wat hulle kinders seer maak, kort daarna gevolg met die goed wat reeds in hulle psige was voor kinders. Nog nie van ouers gehoor wat van my hier verskil nie. Maar wat doen jy? Sien, die goed wat ons kwaad maak kan gebeur waar ons kinders on kan sien en ons moet tog vir hulle tot voorbeeld wees van selfbeheersing ens ens.

Ek het nie ‘n “one size fits all” oplossing nie. Tel tot tien werk nie as jy net die tyd gebruik om 10 maniere uit te dink om pyn toe te dien nie. Stap weg werk vir my. Meeste keer. Ander kere moet ek dink aan hoe die ou ridders vir ‘n aand moes bid, gekniel, om hulle vasberadenheid te toon vir die lewe van ridderskap. Die beeld van daardie vasberadenheid help BAIE!

Die strik waarin ek dink ons val is dat ons dink aan wat ons gaan doen teen die ander party. Want dis lekker. Terwyl as ons wanneer ons (weer) nugterdenkend is aan die moontlike gevolge dink van wat ons wou doen ons met ys teen ons rug af besef hoe naby ons gekom het om onsself te ruineer. Dis nie maklik nie. Gelukkig tot ons redding is dit baie moeilik om daardie stap te neem van aksie teenoor iemand wat jou so kwaad gemaak.

Tensy jy aan my kinders raak. Dan is jou gat in die grond.

Advertisements

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s