Wanneer gee jy op?

Wat ‘n titel. Baie van ons dink met absolute angs aan ons omstandighede. Ek ook. Die lewe het ‘n geneigdheid om ons te toets, elke dag, met nuwe meer ongevoelige maniere om ons af te takel. Ons te verniel terwyl ons net ons dag taak wil afhandel, ons kinders versorg en ons maats lief hê. Die realiteit is dat dit die lewe is, dis hoe dit moet wees. Die fiksie is dat dit ons gaan breek.

Ek onthou laas jaar het ‘n vriendin vir my gesê dat die eerste deel van haar hartseer eers begin voel het asof dit verbygaan toe sy omtrent reeds deur die ergste was. Dit het my laat dink dat daar dalk ‘n waarheid hierin opgesluit is. Sien, vir my is dit histories byne onmoontlik gewees om verder te dink of te kon sien as wat my situasie se oogklappe my toegelaat het. Is dit vir jou ook so? Maar wat as dit net ‘n fiksie is? Is dit jou omstandighede wat jou verblind, die vyand, hoe jy grootgemaak is of selfs jou eie keuse om nie te sien nie? Maak dit werklik ‘n verskil wat die oorsaak is as jy nie daaruit los kom nie?

Ek verstaan dat vreeslike dinge met mense gebeur. Ek het begrip. Ek maak wat met jou gebeur nie minder nie. Ek wil eerder vir jou hoop gee. Daar is niks wat iemand vir jou kan sê van jou seer wat jy nie reeds elke druppel van moet wroegend opsuip nie. Dis joune. Hier is wat ek besef het. 

Daar kom ‘n tyd wat dit wat jy deurgaan of wat aan jou gedoen is vir jou ‘n nuwe normaal vorm. Hoor my mooi, dit maak jou seer minder of jou omstandighede beter nie. Jy het net geleer om aan te pas. Dus word jou worsteling ‘n nuwe normaal. Ons is gebou as mense om te kan aanpas en dit is juis ons aanpasbaarheid wat hierdie nuwe normaliteit so gemaklik maak. Party mense word so vasgevang in hierdie nuwe manier van konstante worsteling dat wanneer hulle uit dit kom hulle nie weet hoe om sonder die intensiteit te funksioneer nie. Pasop hiervoor.

So wanneer gee jy op? Wanner besluit jy om net te leef en soos ‘n gehoorsame slag-os net die ploeg aan te hou sleep al loop jy op die teerpad? Of gee jy op en haas jou na die dood? Is hierdie ons enigste opsies?

NEE! Ek moes leer om hierdie kondisionering te weier. Die wereld is te vinnig om ons in boksies te wil plaas, boksies van wie ons is, hoe ons moet reageer en wat toelaatbaar is vir ons as mens. Ek het my eie alternatief. My alternatief kom van dat Hy ‘n plan het vir ons ten goede. TEN GOEDE! Dit beteken vir my dat dit wat ek deurgaan, wat ek oorkom en wat vir my op my lewenspad my wa-kar omgooi, ongeag hoe verskriklik, ‘n doel gaan dien TEN GOEDE. Dit is krities belangrik vir my om hierdie te onthou, want van die goed wat in ons lewens gebeur het ‘n geneigdheid om ons te wil-wil vernietig. So ek kies om op te gee op wat die wereld verwag van my. Ek kies om my reaksie op goed te hou by wat ek mee gelukkig is. Ek kies om te glo dat elke situasie tydelik is, dat daar seën en voorspoed uit elke omstandigheid kan voortspring. 

Daar is so baie van ons wat in ons eie warboel van ellende leef. So baie wat elke dag deur hel gaan. Ek dink aan julle. Ek vertrou saam met julle dat selfs dit sal verbygaan en ten goede meewerk in julle lewens. Hou moed, daar kom seën na julle op een of ander tyd. Vrede.

Advertisements

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s