Verhouding in vrede

Eerstens moet ek omverskoning vra dat ek so lank laas iets geskryf het. Baie dinge het in my persoonlike lewe gebeur wat my aandag geverg het. Die goeie nuus is dat ek nou getroud is weer met ‘n wonderlike vrou en my lewe gaan weer sy gang.

Terug na vandag se post. Wat is jou verhouding vir jou? Is dit net die saam wees met iemand vir wie jy lief is? Is dit jou avontuur in jou lewe? Is jou verhouding jou gemaksone? Jou antwoord hierop kan nie verkeerd wees nie so terloops. Solank dit jou eerlike antwoord is, en jy besef dit is wat en hoe dit is. 

Daar is verskeie tipes verhoudings. Nie een verhouding is dieselle nie, en nie een is beter as ‘n vorige een nie. Daar is wel vir my iets belangriks aan hoe jou verhouding jou moet laat voel. Nie emosioneel nie maar wat dit beteken vir jou psige, vir jou as mens ongeag oor of julle met mekaar vir daardie dag oor die weg kom. 

Vir my is dit vrede. Ongeag die storms wat om my woed, hoe ek emosioneel voel op daardie dag, as ek by die huis kom en my vrou is in my arms ervaar ek vrede. Selfs al is al 5 ons kinders besig om bos te gaan. Dis die vrede van ‘n gelukkige sug na ‘n werkie wat jy goed afgehandel het. Die vrede van die resies voltooi het, die inspanning is verby. Die gevoel bly, maak nie saak wat ons mee besig is of hoe ons voel nie. 

Is jou gevoel in jou verhouding vrede? Watter gevoel is die een wat jy in jou verhouding soek? Is dit opgewondenheid? Soos ek, vrede? Is dit iets anders? Die antwoord hierop is jou eie. My post vandag is om jou, liewe leser, te laat dink oor jou eie verhouding. Die moeilikheid met hierdie gevoel is dat dit wat jy wil ervaar en wat jou maat wil ervaar kan verskil. Julle gaan met mekaar moet praat, en dieper luister om vir mekaar die gevoel te gee wat julle verhouding vir julle definieer. 

Dit kos mekaar ken. Dit kos mekaar aanvaar en werklik lief te hê. Die liefde waar jy die ander een bo jouself stel, sonder dat jy as slaaf begin handel. Dit kos met insig na jou maat kyk en verby die emosionele kyk. Onthou, emosies maak nie sin altyd nie, en dit is onbeheerbaar meeste van die tyd. Emosies verander in ‘n oomblik. Ek praat van met jou dieper mens na jou maat te kyk. Vir my is dit wanneer my kop en hart dieselle brille opsit. Dis diep, ongemaklik met tye, en dit kos jouself aan jouself ontbloot om met ‘n deurgrondende waarheid na jouself, jou maat en julle verhouding te kyk.

Ek hoop vandag se post het vir iemand laat besef hoe gelukkig hulle is met hulle verhouding. Ons raak baie maal te besig met aksies en situasies dat ons mis om net in mekaar se oë te kyk en mekaar net te ervaar. 

Vrede vir julle.

Advertisements

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s