Wat is jou definisie van geluk in jou verhouding? Het jy al gedink oor wat maak jou gelukkig in ‘n verhouding? Kom ek deel met jou my gedagtes hieroor.

Man ontmoet vrou, daar is ‘n weerligstraal wat hulle tref, die liefde blom, en dan wat? Trou? Kinders? Dag tot dag net saam wees? Hoe keer jy jouself om nie verveeld te raak nie? Met verveeld bedoel ek dat jy elke dag lewe maar geensins die opgewondenheid van lewe in liefde en geluk beleef nie. Hoe maak jy dat jou verhouding die plek van vreugde en rus is wat jy graag wil he?

My opinie is dat mens jouself moet ken. Met jou sproete en al. As ons jonk is verwag mens dat die verliefdheid en smag na mekaar se geselskap altyd daar sal bly, en vir party mense gebeur dit so. Vir baie is die hoogtepunt van hulle huwelik die eerste 30 dae daarvan. Dis hartseer. Tog redelik algemeen, tensy ons iets daaraan doen.

As jy weet wie jy is, sal jy gelukkig wees, ongeag wat jou maat maak, doen of sê. Dit beteken dat as jy daarvan hou om met jou geliefde te kan gesels vir ure moet nie met iemand ‘n verhouding begin wat nie praat nie. Jy probeer dan nou ‘n donkie tussen beeste inspan. Hierdie het tot ‘n groot mate te doen met jou liefdestale. As jy nie weet wat liefdestale is nie, comment op die post en ek sal dit verduidelik. Daar is wel hope ander media daar buite wat dit presies verduidelik en selfs vir jou help om jouself te toets vir wat jou tale is.

So nou weet jy wat jou hart begeer en jy weet wat jy in ‘n maat soek. Wat nou? Meeste mense praat van daar moet ‘n vonk tussen mense wees. Dit is so. Daar moet iets instinktief jou na iemand trek. Dit beteken nie julle moet in verhouding gaan nie. Baie van ons maak die fout om op instink in verhoudings in te gaan, en as die verhouding faal wil ons vinger wys na omstandighede, die ander arty ens ens. Wat van as ons net vir ‘n oomblik gedink het oor hoekom ons aangetrokke is tot iemand? Sou dit ‘n verskil maak?

Mense verander nie. As jou maat hou van vir ure in die winkels rond te hang, maak vrede hiermee. As jou maat visvang in stilte, maak vrede hiermee. Ek sou so ver gaan om te sê dat as jou maat se stokperdjie nie direk afbreek aan julle verhouding nie om hom/haar die tyd te gun om hulle stokperdjies uit te leef. In dieselfde asem moet ons nie misbruik maak van ons maats as hulle ons wel ons spasie gun nie. Ek is ‘n gamer/boekwurm van natuur. So vir my beteken dit as ek vir my maat sê ek kort uur en ‘n half om iets binne my rekenaar speletjie te doen en ek sit dan af wen ek punte. As ek sê ek kort half uur en twee ure later is ek nog besig… Klap teen die oor is welverdiend.

Daar is baie om te wen om jou verhoudings van alle vlakke op te weeg op ‘n meer kliniese vlak. Nie om te bepaal of die verhouding die moeite werd is nie, maar om te kan realisties wees oor die innerlike werking van jou verhouding. Hetsy dit romantise of vriendskapsverhouding is. Ek besef daar is baie mense wat in ongelukkige verhoudings is. Daar is net so baie in gelukkie verhoudings en selfs in net louwarm verhoudings in terme van gelukkig wees. Waar jou verhouding is op die glyskaal maak geensins ‘n verskil aan die kwaliteit van jou verhouding nie. Die rede is eenvoudig, van ons soek daardie aksiebelaaide verhouding waar ons toer, uitgaan elke aand ens ens ens. Ander soek meer rustige tyd saam by die huis ens. Die probleem kom in by as jy en jou maat verskillende goed soek. As julle getroud is, is daar werklike maniere om hierdeur te werk en julle verhouding te bou. As julle nog nie op daardie stadium is nie moet julle dalk ernstig oor hierdie goed begin gesels.

Soos altyd hoop ek hierdie help iemand daar buite. Ek hoop dit laat jou dink, sodat jy kan begin om die geluk in jou lewe te ontgin en te deel met jou geliefdes.

As jy hou van wat jy gelees het, los asb ‘n kommentaar, “share” of “like” die post. Dit beteken baie vir my. Vrede.

Advertisements

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s