Net om vinnig almal op spoed te bring – Deel 1 het gegaan oor dat ons nie moet aanpas in ons verhoudings van wat ons kern behoeftes in ‘n verhouding is nie. Shoe, lang sin. Ek het toe gevra dat jy moet diep dink oor wat vir jou absoluut kern is in ‘n verhouding. Vanaand gaan ek paar algemene voorbeelde gee en probeer om dit te ontleed. Ek doen dit sodat ons moet dieper dink oor hierdie goed. Dit bepaal immers hoe baie mens vergenoegd voel in jou maat.

My maat moet ‘n voorbeeld wees. Ek is mal oor hierdie een. Giggel myself pienk hieroor partymaal terwyl ‘n hartseer traan val. Sien, my eerste vraag is hoekom? Hoekom moet jou maat vir jou as voorbeeld voorkom? Is dit omdat jy nodig het dat hy/sy jou nie in die publiek laat skaam kry nie? Dit is uiters veeleisend, want jou maat moet voldoen aan vereistes wat jy in jou kop het. Dit mag dalk maak dat jy veroordeelend is teenoor hom/haar wat tog jou gedrag gaan beinvloed. Dis gif. My hoop is dat jy wil hê jou maat vir jou as voorbeeld moet wees in gedrag, in hoe om ‘n beter mens en maat te wees. As dit die geval is kry jy alby my duime in die lug.

My maat moet so warm soos ek wees. Hierdie is bitterlik taai. Want dit kan of wees dat jy baie warmer is as jou maat en hom/haar op jou vlak sou wou hê of dat jy minder warm is en jou maat op jou vlak sou wil hê. Hierdie is so geheimsinnig soos waar muskiete wegkruip as jy met die Doom rondloop. Want jy kan nie juis rondloop en ‘n moontlike maat dit vra nie. Of kan jy? Die wat my ken weet my antwoord is “Ja! Jy moet!”. Maar dis net ek, in jou lewe is dit anders heel moontlik. Maar hoe gemaak as jy in die verhouding is, en jy en jou maat verskil? Veral as julle al lank in die verhouding is en dinge begin afneem. Eerlike antwoord? Bid. Dan sit en gesels openlik en reguit. Met die sienswyse om julle verhouding op te bou, nie ‘n “issue” uit te sorteer nie. God sal nie twee mense in die huwelik inbring om een of alby elke dag deur hel te sit nie.

My maat moet ook wil kinders hê. Hierdie is veral vir jong mense iets wat hulle glad nie oor praat voor die tyd nie, maar wat tog groot invloed het. Hel, meeste keer vra iemand jou op jou trou dag wanneer gaan julle probeer vir julle eerste kind. So asof trou net oor kinders hê gaan. Ander dag sal ek my meer uitspreek oor dit. Hierdie is gewoonlik ‘n baie diep en ernstige vraag wat baie mooi hanteer moet word. Want jou maat mag dalk eendag wil kinders hê, maar nou sê hy/sy wil nie. Dit hang af van wat julle elkeen se sienswyse is oor die huwelik, julle lewens, julle pad as maats ens. Ek weet dat hierdie ook in ‘n oogwink vir iemand kan verander, hetsy vir of teen kinders. Dit is belangrik dat hierdie geprek openlik en eerlik hanteer moet word lank voor die kansel. Inteendeel, meeste van die voorhuwelikse kursusse of sessies spreek hierdie aan, want dit is ernstig en kan jou huwelik ongelukkig maak as julle opinies totaal verskil.

My maat moet/moet nie XXXX. Dit kan verskeie goed wees. Van drink tot in sy oor krap in die kerk. Snaaks genoeg is hierdie partykeer meer ‘n diep emosionele ding as wat dit op die oog af blyk. Dit kom dalk van baie slegte ervaring as kind wat ‘n mynveld is met tye. Dit mag dalk net iets wees wat irreterend is vir jou maat. My raad sou wees om elke ding te oordink oor hoekom dit jou pla, hoekom dit jou maat pla en dan daaroor te gesels. Dit mag dalk net ‘n nuwe diepte tot julle verhouding bring. Dit mag dalk net genesing bring. Dit is immers een van die bestaansredes in my oë vir verhoudings.

As hierdie post vir jou sin maak, jou gehelp het of iemand om jou kan help voel vry om dit te “like”, “share” of kommentaar te lewer. Dit is vir my stigtend om te weet ek help erens iemand. Deel 3 kom oor so paar dae.

Advertisements

2 comments

  1. Komunikasie is so belangrik! Soos jy hierbo noem dinge moet voor die tyd bespreek word sodat daar nie verrassings in kom nie. Ek kou en herkou aan jou goedjies, sodat dit wat ek nie reggedoen het nie ek hierdie kan oordra aan my kinders en my volgende verhouding. Die herkou moet ek😊 want eks n prentjie mens en kan heeltemal verdwaal. Sal jou goedjies dop hou, duisend dankies!

    Like

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s