Vanaand sit ek en ek besef ons as mense is darem maar partymaal die rede vir ons eie ongeluk. Ook ons eie geluk, alhoewel dit nie so in ons gesigte gegooi word nie.

Ek is die laaste tyd verskriklik baie in aanraking met geskeide mense. Mense wat alleen is. Elkeen kom uit `n verhouding uit wat gefaal het. Voor ek verder gaan, dit is dood normaal as jou verhouding faal. Dit is menslik. Hopelik help hierdie post jou om te besef hoekom jou verhouding faal.

So hoekom faal verhoudings? Hoekom werk party verhoudings net? Al gehoor van die “elkeen moet 50/50 gee” of “alby moet 100% gee”? Wat as dit helemal verkeerd is met hoe ons dit implementeer? Wat van as ons met die verkeerde indruk in verhoudings ingaan?

Nou dit was baie vrae, vrae wat ek myself herhaaldelik vra. Vrae wat soos die gesuis van ‘n kanaal lose televisie deur my kop druis. Ek gaan hierdie probeer verduidelik in die volgende paar posts. Hoop van harte dit gee een van julle nuwe geluk in julle verhoudings.

Hou op aanpas. Nou voor jy van skok omkom, hoor hoekom ek dit sê. Waar dit vandaan kom.

Sien, wanneer ons in verhoudings ingaan het ons in ons onderbewussyn ‘n idee van hoe ons verhouding gaan lyk. Vrouens dink dalk hierdie man gaan die grond aanbid waarop sy loop, altyd by haar wil wees en haar koester ens. Elke mills en boon oomblik vir haar gee vir die res van haar lewe. Bog.
Mans dink weer sy vrou gaan vir hom kos maak, elke dag sy ego streel. Elke dag so lus wees vir hom soos wat hy vir haar is. Bog. Hierdie is baie veralgemeen, maar redelik akkuraat.

Die probleem is dat ons hierdie goed verwag van mekaar, sonder om dit ooit vir ons maat direk te sê. Wat ons doen, is ons speel die “sy/hy kan dit mos ruik” speletjie met mekaar. Jy ken dit, daardie een waar jou maat jou gedagtes kan lees, net omdat julle in verhouding is. So hoe oorkom ons dit, deur nie meer aan te pas nie?

Aanpas is om nie in die stort jou tande te borsel nie omdat jou maat nie daarvan hou nie. Waar jy nie moet aanpas nie, en hopelik die wysheid het om seker te maak hiervan voor jy in verhouding ingaan, is oor die goed wat vir jou as mens kern is tot jou bestaan. (Ek maak nou nota om oor ons as kern mens te gesels binnekort). Dit is goed soos: my maat moet ‘n christen wees, my maat moet hou van sex, my maat moet wil kinders hê of my maat moet nie dronk word ooit nie. Dit is die goed wat vir jou as man of vrou gelukkig maak in verhouding met iemand anders. Die goed wat kern is kan lank wees want dit verskil van mens tot mens. Hierdie lys moet nie meer as sewe items lank wees nie. Dit moet absolute kern, hartswense wees. Die goed wat jy MOET hê om te kan floreer in verhouding. Let wel, floreer, nie goed wat jou maat moet doen om jou gelukkig te maak nie. (Nog `n nota, om te gesels oor geluk in verhouding).

Hierdie is die goed wat jy nie op kan aanpas vir jou maat nie. Want as jy jou kern oftewel harts items opgee ontneem jy jouself en jou maat van die volle glorie van wie jy is. Verhoudings faal want ons leef nie in ons glorie in verhoudings nie.

Dink diep oor jou kern goed, maak jou lys. My volgende post sal ek meer in diepte hierop ingaan.

Advertisements

One comment

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s