Eerstens, vra ek omverskoning vir die traagheid om weer te skryf. Die rede is dat Desember maand mal was in my lewe, maar dis dalk eerder die verskoning. Want mens kan tyd maak, vir enige iets. In my geval, kan ek veral tyd maak vir skryf.

Waar kom vandag se post vandaan? Die laaste ruk, en veral in Desember het ek met ‘n situasie gesit waar iemand wrede goed van my gesê het. Soveel so dat ek dit baie ernstig oorweeg het om teen aksie te vat. Tog weet ek dat al doen ek dit sal die modder oralste spat. En ek probeer my so min as moontlik met varke te meng. Dit het gemaak dat ek diep moes dink en vra vir wysheid. Want die emosionele reaksie sou nie die regte een gewees het nie.

Die wysheid wat ek gekry het was om nie te verdedig of aan te val nie. Ek het niks gedoen nie. Aanvanklik het ek gevoel asof ek myself verraai, my eie reputasie laat vuilmaak sonder om te verdedig. Dit is tog menslik om jouself te wil beskerm. Hier is die gevolge van die wysheid van niks doen.

Die situasie het ge-eskaleer deurdat die persoon ongelukkig die gewoonte het om ander se reputasies te probeer aftakel om hulleself beter te laat lyk. Ongelukkig lyk niemand ooit beter deur ander af te breek nie. So nou is daar mense wat nog die leuens glo, want hulle is mislei. Pla my min. Die lewe en tyd sal die waarheid uitwys vir die met insig, en die wat dit nie insien nie hoef ek my nie oor te bemoei nie.

So hoekom die post begin met sover jy kan doen goed? Want om sleg te doen bring jy jou eie ongeluk oor jou. Maar om sover jy kan goed te doen bring jy net geluk in jou rigting. Ek is vandag so geinspireer deur ‘n  dame wat vir my gesê my posts het haar gehelp. Dit het my werklik diep geraak, want ek het gevoel my skryf dien geen goeie doel buiten vir myself nie, so ek het dit vir myself gehou. Vandag het vir my gewys dat ek moet aangaan en dit moet deel al is dit net tot hulp van een onbekende persoon.

Die voordeel van altyd net goed te doen, is wanneer daar ‘n negatiewe aanslag kom is jy in die gewoonte om net goed te doen. Dit help ongelooflik baie sodat mens nie in die strik val van wraak vat nie. (ter intereassantheid kon ek die persoon se lewe en reputasie verwoes het, maar dit dien geen goeie doel nie.) Verder wys mens jou ware kleure deur konstant dieselfde te wees, ten spyte wat met of om jou gebeur. Want jou karakter kom na vore, net soos die wat jou aanval se karakter ook na vore kom.

Ek is nie ‘n perfekte mens nie, ek maak foute. Ek is hopeloos te eerlik en het byna geen skaamte nie. Skuldig soos aangekla. Tog is die wat my ken my getuies van wie ek is. As mense iets van jou sê, sal jou gedrag oor die laaste paar maande die waarheid van jou kan getuig sonder dat jy ‘n woord praat? Sal jou vriende die waarheid kan uitken, sonder om met jou te praat?

Wees sover jy kan net goed in jou doen en late. En waar jy nie kan nie, doen niks. Vrede.

Advertisements

3 comments

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s