Enkel Ouerskap

Vandag se post gaan uit en uit vir elke enkel ouer daar buite. Die rede hoekom jy ‘n enkel ouer is maak nie saak nie. Ouerskap het sy eie uitdagings, en ek wil vandag van my frustrasies en raad met julle deel. Die wat nie enkel ouers is nie is sal ook baat vind by van hierdie.

Vir die wat wonder, ja ek is ‘n enkel ouer van 3. Dogtertjies word 2 en 4 hierdie jaar en my oudste, my seun, is nou 5. Dit is in kort my ervaring, ek is nog nie vir baie lank ‘n enkel ouer nie maar ek het wel geleer oorleef en partykeer floreer.

Eerste ding wat ek vind baie belangrik is vir enkel ouers om te hoor is dit: jy is nie melaats nie. Jou vriende gooi jou nie weg nie, jy vind eerder uit wie werklik jou vriende is. Moenie negatief wees of raak nie. Die dag tot dag versorging van jou kinders gaan jy maklik onder die knie kry. Hoor my, dit gaan aanpassing wees (veral as jy skielik alleen is) maar dit is baie moontlik om ongeag jou omstandighede te kan floreer. Dit begin by die kop skuif dat jy dit kan doen.

Besef jy het tyd. Tyd om al jou kinders te versorg, te bad, kos te maak en gee, en met hulle kwaliteit tyd te kan spandeer. Hierdie kom met ‘n baie klein opoffering van jou kant af. Wat jy ookal gedoen het direk na werk om te ontlaai gaan jy moet doen voor jy jou kinders op tel by die skool. Dood eenvoudig, jy moet leer dat jou werks dag eindig 2 sekondes voor jy jou kinders optel. Probeer jou bes om nie jou dag se gemoed ten toon te stel om jou kinders nie. Dit is nie maklik nie, maar al wat jy doen as jy dit nie reg kry nie is om tyd saam jou kinders te steel.

Jy is nie uniek nie. Jy gaan baie mense ontmoet wat in dieselle situasie sit as jy. Maak vriende. Bou vir jouself ‘n vrende groep op wat jou kan ondersteun en vir wie jy ook ondersteuning kan bied. Met dit, wees nou al gewaarsku teen individue wat misbruik gaan maak van jou. Weet dat jy is meer vatbaar om emosioneel aan te kleef aan mense. Behou jou wysheid om te kan onderskei wie se woorde is eg.

Mense sê altyd jou kinders kom eerste, dit beteken hulle emosionele en fisiese welstand kom eerste. Dit beteken nie jy moet jouself ten gronde laat gaan nie. Jou kinders het nodig om by jou te sien hoe jy sterk staan, emosioneel stabiel en gelukkig jy is. Dit skep by hulle sekerheid, dit help dat hulle nie hulleself sien as die “arme ou bloeitjies” nie. Wees gesond emosioneel vir jou kinders.

Laastens, as jy weer geluk vind onthou altyd dat jou geluk sal beteken almal is gelukkig. Ek glo vas in perfek of glad nie met verhoudings. **Wat ek bedoel met perfek is dat julle nie op die kern items verskil nie, enige iets anders is goed wat mens deur kan werk.**. Die wat al met my te doen gehad het sal getuig ek glo regtig daarin om of in te spring of dit te los. Dieselfde geld vir jou en jou kinders se geluk. As alles nie uit werk nie beteken dit daar is iets wat nog nie reg is nie. Dit kan beteken julle kort nog tyd, of dat jy net die situasie beter moet verduidelik. Wat ook al die probleem is, weet net perfek/geluk is moontlik vir jou. **Met perfek wil ek net jou laat verstaan dat dit nie beteken “prins op ‘n wit perd” nie, dit beteken elke dag jou volle gee, as jy die dag net 1% van jouself het om te gee en dit wel gee sal jou maat die 1% net so baie waardeer en liefhê soos die dag wat jy 100 het en 100 gee.** Vrede.

Advertisements

Verhoudings Kopskuif: Deel 2

Net om vinnig almal op spoed te bring – Deel 1 het gegaan oor dat ons nie moet aanpas in ons verhoudings van wat ons kern behoeftes in ‘n verhouding is nie. Shoe, lang sin. Ek het toe gevra dat jy moet diep dink oor wat vir jou absoluut kern is in ‘n verhouding. Vanaand gaan ek paar algemene voorbeelde gee en probeer om dit te ontleed. Ek doen dit sodat ons moet dieper dink oor hierdie goed. Dit bepaal immers hoe baie mens vergenoegd voel in jou maat.

My maat moet ‘n voorbeeld wees. Ek is mal oor hierdie een. Giggel myself pienk hieroor partymaal terwyl ‘n hartseer traan val. Sien, my eerste vraag is hoekom? Hoekom moet jou maat vir jou as voorbeeld voorkom? Is dit omdat jy nodig het dat hy/sy jou nie in die publiek laat skaam kry nie? Dit is uiters veeleisend, want jou maat moet voldoen aan vereistes wat jy in jou kop het. Dit mag dalk maak dat jy veroordeelend is teenoor hom/haar wat tog jou gedrag gaan beinvloed. Dis gif. My hoop is dat jy wil hê jou maat vir jou as voorbeeld moet wees in gedrag, in hoe om ‘n beter mens en maat te wees. As dit die geval is kry jy alby my duime in die lug.

My maat moet so warm soos ek wees. Hierdie is bitterlik taai. Want dit kan of wees dat jy baie warmer is as jou maat en hom/haar op jou vlak sou wou hê of dat jy minder warm is en jou maat op jou vlak sou wil hê. Hierdie is so geheimsinnig soos waar muskiete wegkruip as jy met die Doom rondloop. Want jy kan nie juis rondloop en ‘n moontlike maat dit vra nie. Of kan jy? Die wat my ken weet my antwoord is “Ja! Jy moet!”. Maar dis net ek, in jou lewe is dit anders heel moontlik. Maar hoe gemaak as jy in die verhouding is, en jy en jou maat verskil? Veral as julle al lank in die verhouding is en dinge begin afneem. Eerlike antwoord? Bid. Dan sit en gesels openlik en reguit. Met die sienswyse om julle verhouding op te bou, nie ‘n “issue” uit te sorteer nie. God sal nie twee mense in die huwelik inbring om een of alby elke dag deur hel te sit nie.

My maat moet ook wil kinders hê. Hierdie is veral vir jong mense iets wat hulle glad nie oor praat voor die tyd nie, maar wat tog groot invloed het. Hel, meeste keer vra iemand jou op jou trou dag wanneer gaan julle probeer vir julle eerste kind. So asof trou net oor kinders hê gaan. Ander dag sal ek my meer uitspreek oor dit. Hierdie is gewoonlik ‘n baie diep en ernstige vraag wat baie mooi hanteer moet word. Want jou maat mag dalk eendag wil kinders hê, maar nou sê hy/sy wil nie. Dit hang af van wat julle elkeen se sienswyse is oor die huwelik, julle lewens, julle pad as maats ens. Ek weet dat hierdie ook in ‘n oogwink vir iemand kan verander, hetsy vir of teen kinders. Dit is belangrik dat hierdie geprek openlik en eerlik hanteer moet word lank voor die kansel. Inteendeel, meeste van die voorhuwelikse kursusse of sessies spreek hierdie aan, want dit is ernstig en kan jou huwelik ongelukkig maak as julle opinies totaal verskil.

My maat moet/moet nie XXXX. Dit kan verskeie goed wees. Van drink tot in sy oor krap in die kerk. Snaaks genoeg is hierdie partykeer meer ‘n diep emosionele ding as wat dit op die oog af blyk. Dit kom dalk van baie slegte ervaring as kind wat ‘n mynveld is met tye. Dit mag dalk net iets wees wat irreterend is vir jou maat. My raad sou wees om elke ding te oordink oor hoekom dit jou pla, hoekom dit jou maat pla en dan daaroor te gesels. Dit mag dalk net ‘n nuwe diepte tot julle verhouding bring. Dit mag dalk net genesing bring. Dit is immers een van die bestaansredes in my oë vir verhoudings.

As hierdie post vir jou sin maak, jou gehelp het of iemand om jou kan help voel vry om dit te “like”, “share” of kommentaar te lewer. Dit is vir my stigtend om te weet ek help erens iemand. Deel 3 kom oor so paar dae.

Verhoudings kopskuif: Deel 1

Vanaand sit ek en ek besef ons as mense is darem maar partymaal die rede vir ons eie ongeluk. Ook ons eie geluk, alhoewel dit nie so in ons gesigte gegooi word nie.

Ek is die laaste tyd verskriklik baie in aanraking met geskeide mense. Mense wat alleen is. Elkeen kom uit `n verhouding uit wat gefaal het. Voor ek verder gaan, dit is dood normaal as jou verhouding faal. Dit is menslik. Hopelik help hierdie post jou om te besef hoekom jou verhouding faal.

So hoekom faal verhoudings? Hoekom werk party verhoudings net? Al gehoor van die “elkeen moet 50/50 gee” of “alby moet 100% gee”? Wat as dit helemal verkeerd is met hoe ons dit implementeer? Wat van as ons met die verkeerde indruk in verhoudings ingaan?

Nou dit was baie vrae, vrae wat ek myself herhaaldelik vra. Vrae wat soos die gesuis van ‘n kanaal lose televisie deur my kop druis. Ek gaan hierdie probeer verduidelik in die volgende paar posts. Hoop van harte dit gee een van julle nuwe geluk in julle verhoudings.

Hou op aanpas. Nou voor jy van skok omkom, hoor hoekom ek dit sê. Waar dit vandaan kom.

Sien, wanneer ons in verhoudings ingaan het ons in ons onderbewussyn ‘n idee van hoe ons verhouding gaan lyk. Vrouens dink dalk hierdie man gaan die grond aanbid waarop sy loop, altyd by haar wil wees en haar koester ens. Elke mills en boon oomblik vir haar gee vir die res van haar lewe. Bog.
Mans dink weer sy vrou gaan vir hom kos maak, elke dag sy ego streel. Elke dag so lus wees vir hom soos wat hy vir haar is. Bog. Hierdie is baie veralgemeen, maar redelik akkuraat.

Die probleem is dat ons hierdie goed verwag van mekaar, sonder om dit ooit vir ons maat direk te sê. Wat ons doen, is ons speel die “sy/hy kan dit mos ruik” speletjie met mekaar. Jy ken dit, daardie een waar jou maat jou gedagtes kan lees, net omdat julle in verhouding is. So hoe oorkom ons dit, deur nie meer aan te pas nie?

Aanpas is om nie in die stort jou tande te borsel nie omdat jou maat nie daarvan hou nie. Waar jy nie moet aanpas nie, en hopelik die wysheid het om seker te maak hiervan voor jy in verhouding ingaan, is oor die goed wat vir jou as mens kern is tot jou bestaan. (Ek maak nou nota om oor ons as kern mens te gesels binnekort). Dit is goed soos: my maat moet ‘n christen wees, my maat moet hou van sex, my maat moet wil kinders hê of my maat moet nie dronk word ooit nie. Dit is die goed wat vir jou as man of vrou gelukkig maak in verhouding met iemand anders. Die goed wat kern is kan lank wees want dit verskil van mens tot mens. Hierdie lys moet nie meer as sewe items lank wees nie. Dit moet absolute kern, hartswense wees. Die goed wat jy MOET hê om te kan floreer in verhouding. Let wel, floreer, nie goed wat jou maat moet doen om jou gelukkig te maak nie. (Nog `n nota, om te gesels oor geluk in verhouding).

Hierdie is die goed wat jy nie op kan aanpas vir jou maat nie. Want as jy jou kern oftewel harts items opgee ontneem jy jouself en jou maat van die volle glorie van wie jy is. Verhoudings faal want ons leef nie in ons glorie in verhoudings nie.

Dink diep oor jou kern goed, maak jou lys. My volgende post sal ek meer in diepte hierop ingaan.

Sover jy kan, doen goed

Eerstens, vra ek omverskoning vir die traagheid om weer te skryf. Die rede is dat Desember maand mal was in my lewe, maar dis dalk eerder die verskoning. Want mens kan tyd maak, vir enige iets. In my geval, kan ek veral tyd maak vir skryf.

Waar kom vandag se post vandaan? Die laaste ruk, en veral in Desember het ek met ‘n situasie gesit waar iemand wrede goed van my gesê het. Soveel so dat ek dit baie ernstig oorweeg het om teen aksie te vat. Tog weet ek dat al doen ek dit sal die modder oralste spat. En ek probeer my so min as moontlik met varke te meng. Dit het gemaak dat ek diep moes dink en vra vir wysheid. Want die emosionele reaksie sou nie die regte een gewees het nie.

Die wysheid wat ek gekry het was om nie te verdedig of aan te val nie. Ek het niks gedoen nie. Aanvanklik het ek gevoel asof ek myself verraai, my eie reputasie laat vuilmaak sonder om te verdedig. Dit is tog menslik om jouself te wil beskerm. Hier is die gevolge van die wysheid van niks doen.

Die situasie het ge-eskaleer deurdat die persoon ongelukkig die gewoonte het om ander se reputasies te probeer aftakel om hulleself beter te laat lyk. Ongelukkig lyk niemand ooit beter deur ander af te breek nie. So nou is daar mense wat nog die leuens glo, want hulle is mislei. Pla my min. Die lewe en tyd sal die waarheid uitwys vir die met insig, en die wat dit nie insien nie hoef ek my nie oor te bemoei nie.

So hoekom die post begin met sover jy kan doen goed? Want om sleg te doen bring jy jou eie ongeluk oor jou. Maar om sover jy kan goed te doen bring jy net geluk in jou rigting. Ek is vandag so geinspireer deur ‘n  dame wat vir my gesê my posts het haar gehelp. Dit het my werklik diep geraak, want ek het gevoel my skryf dien geen goeie doel buiten vir myself nie, so ek het dit vir myself gehou. Vandag het vir my gewys dat ek moet aangaan en dit moet deel al is dit net tot hulp van een onbekende persoon.

Die voordeel van altyd net goed te doen, is wanneer daar ‘n negatiewe aanslag kom is jy in die gewoonte om net goed te doen. Dit help ongelooflik baie sodat mens nie in die strik val van wraak vat nie. (ter intereassantheid kon ek die persoon se lewe en reputasie verwoes het, maar dit dien geen goeie doel nie.) Verder wys mens jou ware kleure deur konstant dieselfde te wees, ten spyte wat met of om jou gebeur. Want jou karakter kom na vore, net soos die wat jou aanval se karakter ook na vore kom.

Ek is nie ‘n perfekte mens nie, ek maak foute. Ek is hopeloos te eerlik en het byna geen skaamte nie. Skuldig soos aangekla. Tog is die wat my ken my getuies van wie ek is. As mense iets van jou sê, sal jou gedrag oor die laaste paar maande die waarheid van jou kan getuig sonder dat jy ‘n woord praat? Sal jou vriende die waarheid kan uitken, sonder om met jou te praat?

Wees sover jy kan net goed in jou doen en late. En waar jy nie kan nie, doen niks. Vrede.