My Ideale Maat

Die vraag gaan opkom by baie hoekom hierdie post? My eerste reaksie sal wees, hoekom nie? Maar dit is ook nodig dat ek tog verduidelik wat ek wil bereik met hierdie post. Dit is nie advertensie van my kant af nie, hierdie is my gebed, my hoop en my droom vir myself en ook eendag vir my kinders.

Aan my Ideale Maat

Ek hoop jy sal God in jou lewe eerste stel. Nie dat ek verwag jy moet perfek wees nie maar sodat jy die wysheid het om te weet Hy vergewe ons, ons sonde en dat die pad wat ons loop altyd saam Hom sal wees. Vanaf God spruit ware liefde. Sonder dit kan geen verhouding werk nie.

Ek hoop dat voor jy die spieel, skaal of die vyand glo jy my woorde eerste sal ter harte neem oor jou voorkoms. Ongeag jou gewig bly jy die mooiste vrou vir my. Ek glo dat as jy mooi na jouself kyk en netjies is op jouself die res nie saak maak nie. Ek weet dat aangetrokkendheid kom nie vanaf die fisiese nie maar uit ons gesindheid en hoeveel ons mekar die prioriteit in ons eie lewens maak.

Ek hoop jy het ‘n hart vir kinders. Die wysheid om te weet dat hulle ook mensies is met foute maar dat hulle eintlik net tonne liefde nodig het. Kinders bly kinders en dit is belangrik dat jy weet naas God en jy is die kinders die belangrikste. In daardie orde. Sien ‘n paartjie wat eerste op mekaar fokus sal nooit teen mekaar opgesweep raak nie, sal altyd in wysheid die kinders kan help om die goeie mense wat hulle kan wees te word.

Ek hoop dat jou hart oorloop van passie en dat jy nie in die strik sal val van gemaklikheid met mekaar nie. Ek hoop om elke dag net meer verlief te kan raak, om elke dag dieselle of meer jou aandag te kan kry as die vorige. Ja die lewe laat nie ons altyd toe om ten volle elke dag bymekaar uit te kom nie. My hoop is dat ons mekaar sal najaag elke dag vorentoe vir ons eie geluk en as voorbeeld vir ons kinders van hoe hulle nagejaag moet word.

My hoop is dat ek jou so mooi sal behandel dat jou vriendinne moeg sal word oor die goeie goed wat jy van my sê. Dat my vriende moeg raak vir die ewigdurende glimlag op my gesig. Dat die mense om ons elke dag wonder hoeveel dae terug het ons van wittebrood af gekom dat die geluk nog so by ons uit straal.

Ek glo in ‘keuse liefde’. Dit beteken ek sal elke dag kies om jou lief te hê, jou liefdestaal te praat. My hoop is dat jy ook elke dag sal kies om my lief te hê en my liefdestaal te praat. Keuse liefde is sterker as die omstandighede waarin ek en jy ons gaan vind. Dit is liefde wat die toets van tyd sal deurstaan.

Ek weet ek is ‘n goeie man. Ek weet ook jy is en sal goeie vrou wees. Daar is woorde van ‘n liedjie wat by my vassteek oor wat ons vir mekaar sal wees:

“Jy is die eerste paaiement van my verdiende loon.”

Advertisements

  One thought on “My Ideale Maat

  1. July 23, 2018 at 12:22 pm

    Baie mooi! Ek hou veral van die deel

    “My hoop is dat ek jou so mooi sal behandel dat jou vriendinne moeg sal word oor die goeie goed wat jy van my sê. Dat my vriende moeg raak vir die ewigdurende glimlag op my gesig. Dat die mense om ons elke dag wonder hoeveel dae terug het ons van wittebrood af gekom dat die geluk nog so by ons uit straal.”

    Dis iets om te onthou.

    Like

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: