Hoe oorkom jy die onmoontlike?

Ongelooflik moeilik. Ongelooflik maklik. Erens tussenin? Dit hang af van persoon tot persoon is so sinnelose antwoord. Want daar was goed wat in my lewe gebeur het wat die emosionele sy van dit vinnig verby gegaan het. Dan is daar kleinighede wat my amper enige tyd kan laat in dye stort. Dis rof want mens weet nie vir jy deur iets gaan hoe jy aan die ander kant gaan uitstap nie.

So wat help my om in my moeilikste tye te kan bly funksioneer tot ek weer kan floreer? God verseker. Musiek. Vriende. Hierdie is weereens te generies. Dit maak dit nie minder waar nie. Maar ek wil iets deel wat vir ander ook kan help. Ongelukkig het ek nie ‘n pil nie, ek het die ‘n obskure mantra wat jy kan resiteer as jy jou bene agter jou ore knoop nie. Wat ek het is my waarheid.

Sien ek glo jy vind jou vrede by God. Ek glo net jy kry dit deur eerlik met God te wees oor hoe jy voel. Toe my vrou oorlede is was ek eers ongelooflik kwaad, nie oor wat van my geneem is nie maar oor wat my kinders ontneem is. En ek het dit met God gedeel. Die langer en meer ek met Hom gepraat het die meer het ek in Sy wese gebly en die vyand nie kans gegee om my wond te vergiftig nie. Ek besef elkeen is anders en jou pad moet werk vir jou. Maar eerlikheid teenoor God het vir my genesing gebring.

Dan is daar iets wat ons as mense partymaal vergeet in ons krisis tye en dit is dat daar mense om ons geplaas is. Mense wat help, wat bid, wat nuwe hoop vir ons gee, wat ons op snaakse wyses net wakker laat skrik. Sien die onmoontlike voel net onmoontlik as jy dit op jou eie probeer aandurf. Jy is nie alleen nie. Ek gee nie om wie jy is of wat jy deurgaan nie, ek WEET jy is nie alleen nie. Hoe kan ek dit sê? Sien selfs vreemdelinge kan jou help. Die sak pakker by jou supermark mag dalk net iets sê wat stigtend is. Dit gebeur, glo my. Mense met wie jy nog nooit rerig verbintenis gehad het nie word spesiaal uit die bloute uit. Onthou net altyd om in jou krisis tyd oop te wees vir genesing, maar versigtig te wees vir die vyand.

Daar is ‘n engelse spreekwoord wat sê “Fake it till you make it” en dit is baie waar. Jy gaan nie noodwendig van dag 1 af ok wees nie. Jy gaan selfs na jy ok is dae hê wat jy moet van die pad af trek en die huil bui net uitkry. Jy gaan weer kwaad word, maar jy gaan ook weer lag. Die lewe is rof, en seer en aaklig met ons. Tog is dit ook op soveel wyses wonderlik bo enige menslike verwagting. Klou van aan die wonderlike oomblikke. Leer om die houe van die lewe af te lag, want dit houe is net tydelik. Die menslike brein vergeet maklik die seer. Werk jy net daaraan om aan die goeie herrinneringe vas te klou.

Jy kan die onmoontlike oorkom. Vrede.

Advertisements

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: