Volg jy jou Passie?

Hierdie is iets wat ek uit en uit in glo. Sien vir my is om jou passie te volg die enigste werklike manier na geluk. Hetsy dit werk is, verhouding, jou stokperdjies of watookal anders jou vlammetjie aansteek maak nie saak nie.

Wat is die passie waarvan ek praat? Dit is dat wanneer jy iets doen dit nie jou energie tap nie, maar jou energie gee. Dit is die goed wat jy doen of ervaar wat jou naby aan God laat voel al is jou passie rondom ander mense. Sien passie vir my is waar my hart in tyd klop met God sin. Dink aan ‘n spookasem masjien, die meer daardie stokkie op die regte afstand is en in die bak bly die meer spookasem bou op. Dieselfde gebeur met jou energie vlakke as jy doen dit waar jou passie is. As jy iets doen en jou energie vlakke tel op is jy heel moontlik besig met iets wat vir jou ‘n passie is.

Het jy net een passie? Ek glo nie so nie. Ek is mal oor lees en skryf. Ek is mal oor tyd saam my kinders. Ek is mal oor in liefdevolle verhouding te wees waar ek die ander persoon kan op die hande dra. Ek is mal oor mense help. Daar is seker nog maar julle kry die idee. Dan is daar tye wat ek goed doen waarvan ek niks hou gewoonlik nie maar dit bring vir my daardie selfde energieke gevoel. Met tye is van die goed wat my altyd laat goed voel net nie meer lekker nie. Dit is normaal. Ons bly immers nie dieselle mense nie en God werk daagliks aan ons harte, wat beteken ons passies sal verander. Dit moet, maar dit sal ook groei en dieper word.

Moet jy jou passie regverdig? Ek moes vir lank tyd met myself redeneer, sien my passies en normale manier van goed doen en sê is redelik op die man af. Vir ‘n baie lang tyd het ek gedink dit is verkeerd, want hoe ek is, is nie polities korrek nie. Ek doen nie as reel die hele ‘stel dit sag’ ding nie. Ek glo ten volle in gaan 100% of los dit. Dit is nie die normale. So die vraag het by my opgekom, is ek verkeerd, want ek hou nie van mense seer maak nie. Die antwoord is nee, ek is nie verkeerd nie en hoef nie myself aan iemand te regverdig nie. Dit beteken dan jy wat hierdie lees hoef ook nie. As jy 80 is en hou van papiervliegtuigies vou hoef jy dit aan niemand te regverdig nie. Dit is nie verkeerd nie. God se hart is in wat jy doen en hy gaan erens jou gebruik met dit. Jy mag dit dalk nie eens weet nie.

Kan jou passie vernietig? Ongelukkig ja. Die probleem waarmee ons almal sit is ons is net mense. Ons maak foute, ons misinterpreteer goed. Ek is mal oor mense op te lei en goeie raad te gee. Ek het gedink dit beteken ek moet altyd help as mense in moeilike situasie is. Ek onthou hoe kwaai Lisma met my geraak het oor vrouens ‘n saamry geleentheid te gee toe ek en sy nog vriende was. Want Suid-Afrika is gevaarlik ens ens. Dit het skade aan ons vriendskap gedoen tot ek gestop het. Ek moes leer dat net omdat ek kan help dit nie my plig is om almal te help nie, al is dit my hart. Jou passie mag dalk jou verhoudings onder druk plaas. Wees versigtig met jou passie dat dit nie skade maak wat onherstelbaar is nie. God sal ook nie jou passie jou verhoudinge laat swaar kry met jou gade nie. Jammer mans, dit beteken visvang elke naweek as jou vrou die viswater haat is nie aan nie. Vrouens, jou vriendinne en Facebook is nie wie eerste jou liefde nodig het bo jou man nie. #sênetslaanmylater

Kan jy jou passie uitleef in die kerk? Ja. Nee. Is jou passie om scrapbooking te doen gaan jy moeilik dit as weeklikse aktiwiteit in die kerk kan doen. Jy gaan dalk wel ‘n scrapbooking groepie kan begin en jou lede of vriende wat dit bywoon kan Geestelik versorg. Dit is tog eintlik die punt van kerk is dit nie? By my kinders se skool is daar bord op as jy uit die kerkterrein ry wat sê: “Die kerk verlaat nou die terrein”. Dit is baie waar. Ek sê nie jy moet jou passie vir Hard Rock gaan probeer uitleef elke sondag nie, maar wees oop vir die geleenthede wat God jou gee om mense aan te raak.

Is jou werk jou passie en as dit nie is nie wat nou? Taai een hierdie. Sien dit wat ek nou doen is wat ek nog altyd wou doen in bankwese. Maar vir die eerste 8 jaar van my loopbaan moes ek ander goed doen wat minder lekker was ter voorbereiding na die pos wat ek altyd wou gehad het. Net so is daar vandag ander goed wat ek eerder sou wou doen as wat ek nou doen. Mens is ook nooit tevrede nie. Ek weet van mense wat 4 keer my salaris maak en doen wat altyd net stokperdjie was. Dit is die droom. Dit is nie vir almal nie. Ek het ‘n vrede gekry deur te besef dat dit wat ek vandag doen stel my in staat om genoeg van my passies uit te leef dat dit ok is om nog nie iets anders te doen nie. Vind die vrede wat jy kan waar jy nou in jou lewe is. Onthou die lewe is elke dag ter voorbereiding op iets in jou toekoms. Niks is verniet nie.

Laastens wil ek net die volgende punte maak. Dit is 99% kans dat jou familie vir jou passie gaan wees. As dit nie is nie vind dringend uit wat fout is in jou verhoudings. As jou maat liefhê nie vir jou passie is nie maak plan, vinnig. Waar daar liefdesbande bestaan moet daar wedersydse passie wees en moet daardie mense in jou lewe prioriteit wees. Anders mis jy die grootste wapen wat ons het teen die vyand in hierdie wereld. Huise wat in liefde God eerste dien. Vrede.

Advertisements

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: