Lesse wat God my leer

Hierdie is vir my `n baie persoonlike post. Sien, daar is mense wat in my lewe is/was wat hulleself hierin gaan lees. Daar is ook ander wat dit gaan dink en helemal verkeerd gaan wees. As jy wonder, voel vry om my te kontak of boodskap aan die einde te los.

Hierdie is daadwerklike lesse wat ek geleer het of moes leer. Partykeer was daar ‘n direkte seën wat oor my gekom het sodra ek die les geleer het. Partykeer nie, of minstens nie wat ek gesien het nie. Kom ons begin.

1. Eer jou Vader en Moeder. Hierdie was vir my as net-klaar-met-matriek-Affie-man aanvanklik baie moeilik. Sien, ek was redelik selfversekerd (lees arrogant as jy wil) en gewoond aan my eie ding doen na meeste van 5 jaar in die koshuis gebly het. So dit was maar taai om terug te kom onder my male se dak. So tipies Oud-Affie besluit ek ek trek uit by my male en saam pel in woonstel in. Op salaris van R1500 waar my huur ook R1500 was. Slim kind ek, belowe! Gelukkig het my male gehelp, en nuwe werk ens ens. God sorg vir ons, glo my. Daardie tyd was een van die moeilikste tye wat ek deurgegaan het. Sien, ek het nie kontak gehad met my ou vriende (lees broers want dit is wat hulle is) nie, ek het twee pelle gehad, meisie probleme (Alex – as jy hierdie lees hou op lag, 🙂 ; ) was daagliks gechallenge om beter te lewe (Weereens, Alex, hou op!) en emosioneel moes ek leer volwasse word. So hoe kom God en ‘Eer jou Vader en Moeder’ hierby in? Sien ek het nie gehou van waar ek was nie. Ek het vasgevang gevoel in my dorp, omstandighede en in konflik gewees met my ouers. Toe kom daardie oomblik een sondag in die kerk toe ek besef maar ‘Eer jou Vader en Moeder’ beteken nie ek moet met hulle saam stem nie. Dit beteken ‘Eer hulle’. Dit beteken vergewe hulle vir hulle foute soos jy dit sien want hulle is mens. Dit beteken dat al stem jy nie saam nie respekteer jy hulle in hoe jy hulle hanteer. Dit beteken jy is nou groot en maak jou eie besluite, en ek alleen staan pa vir my eie lewe en moet my ouers Eer vir hulle bydrae in my lewe. Daar is van julle wat met julle ouers lelik baklei, of dalk rerig swak ouers het. Vergewe hulle, wees lief vir hulle, eer hulle en beweeg aan. Die dag toe ek dit begin doen het God my bevorder uit daardie dorp uit na beter posisie waar ek die jongste in my rol was in die geskiedenis van die maatskappy. Die beste van alles? Dit het gebeur binne twee weke toe ek my les geleer het.

2. Verhoudings gebeur met ‘n rede. Sien God het my gemaak om van mense te hou. Ek is redelik mal oor mense te leer ken en hulle te help, selfs tot my eie nadeel. Lank gelede toe het ek op ‘n plek gestaan waar ek moes ‘n keuse maak. Die keuse het my die verhouding gekos wat ek gedink het tot my huweliksmaat sou lei. Maar die verhouding was nie bedoel vir dit nie, maar eerder om my die eerste smaak van goeie vriendskap met goeie vrou te hê. Dit het my in staat gestel om vriendin te help later wat deur baie eensame en moeilike tyd gegaan het. Ek het vriendskappe wat met tye nie deel is van my lewe nie maar dan weer opvlam en my dra deur tye. Ek moes leer dat party verhoudings nie oor my gaan nie, maar oor wat ek vir die ander persoon moet doen. Ek het verhouding gehad waar ek moes leer dat ek is belangrik genoeg om waardig hanteer te word. En dit is ongelukkig ‘n toets wat ek elke nou en dan moet oor skryf selfs in eenvoudige vriendskappe. Sien God het my tot die besef gebring in my lewe dat met my ek meeste van my lesse uit verhoudings met mense gaan leer, selfs die lesse wat seer maak of wat ek weer moet skryf. Elkeen van ons het daagliks te doen met verhoudings. Is daar lesse wat jy moet leer? Is die verhouding een wat jy iets vir iemand anders moet beteken? Ek het by Pastoor geleer dat mense partykeer net waarde sien in jou posisie en wat jy vir hulle kan doen en niks meer nie. Deels hoekom ek net 2 pastore werklik vertrou. Hulle is ook maar mens, sien.

3. Jy is perfek nes jy is ongeag jou verlede. ‘n Vorige post het ek gepraat oor nie skaam te wees vir jou verlede nie. Die les wat ek moes leer saam dit is om nie weg te kruip vir wie ek is en waar ek vandaan kom nie. Ek het vriende wat vir tyd op straat gebly het tydens hoërskool. Vriendinne wat seksueel seergemaak is. Vriende wat brandarm grootgeword het. Hel, ek dink daar is by elkeen van ons hierdie tipe letsels uit ons verlede wat ons gemaak het wie ons is vandag. God het my geleer om myself te aanvaar nes ek is. Uit daardie aanvaarding het ek veral onlangs weer my eie innerlike passie ontdek. Is ek aanvaarbaar vir almal, nee! Hel, vra my pelle hoe ek meisies mee geflirt het op skool, was helemal mal gewees buiten vir die feit dat dit gewerk het. Die punt is dat ek en jy is uniek. Ongeang wat jou gemaak het wie jy vandag is. Ongeag jou behoeftes. Ongeag jou persoonlikheid, manier wat jy glimlag of lag, siening op die lewe, God en Donald Trump. Wie jy is, is uniek. Perfek. Niemand buiten jou Skepper se woorde moet enige waarde vir jou hê oor hoe jy is nie. As jy die enigste swart klippie is in ‘n see van wit is daar rede voor, en jy is perfek nes jy is, waar jy is.

4. Jy is werklik tot alles in staat deur die krag wat God jou gee. Hierdie is les wat ek eers onlangs voor kon naam gee. God bring nie slegte goed oor jou pad nie, maar Hy gaan ook nie ‘n geleentheid laat verby gaan sodat jy sterker en beter kan raak nie. Sien ek tik hierdie vanaand as enkel pappa van 3 wonderlike kinders, al 3 is gebad, lekker kos geeet (spagetti bolognaise vir die nuuskieriges) en het ek mee kwaliteit tyd spandeer vanaand. Is dit maklik? Nee. Is dit moontlik om huis van vrede te hê tenspyte van goed wat gebeur in ons lewens? Verseker! God dra jou op tye wanneer jy self voel jy staan sterk maar is eintlik net vervul met Sy krag. Ek en famielielid sit en gesels en lag eintlik oor die ongelooflike hoeveelheid aanslae wat oor ons paaie gekom het onlangs. 1001 verskillende goed wat die vyand probeer, om ons te roof van ons vrede.Ek kan eerlik sê ek het meer teespoed gekry in die laaste 4 maande as die laaste 14 jaar. Ek lag daaroor, want sien ek besef die goed kom nie van God af nie, so dit kom van die vyand af, en hy gaan my nie uit die hand van my Meester vat nie. Jou lewe is moontlik op beter of slegter plek. Dit maak nie saak nie. Hou net vas aan Sy hand en Hy vat jou deur enige iets.

Ek het probeer om die groot omvattende lesse wat ek geleer het te gebruik hierbo. Dalk bring dit inspirasie vir een van julle. Dalk lag jy dit af en gaan aan. My enigste hoop is dat die van julle wat dit moes lees om iets mee gevoed te word hierdie sal lees. God leer my in soveel maniere buite die kerk dat ek besef ons moet elke dag soek vir God se Hand wat ons wil stuur na nuwe insig en kennis. Beteken dit ek leer niks binne die kerk nie? Glad nie, ek verwys na die feit dat God vir my goed leer in elke oomblik van my dag, nie net binne ‘n kerk diens nie. Ek hoop jy leer die lesse wat God vir jou wil leer vinnig dat jy die seën soveel vinniger op kan afkom.

Advertisements

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: