Is bagasie jou handbriek of trappie?

Die laaste tyd word ek self baie gekonfronteer met hierdie idee van ‘bagasie’. Vriende gesels en ek kom toe agter almal sit met dieselle goed al is dit wat in ons tassies is nie dieselle nie. Van ons se rue is al krom van ons tassies dra, van ons swaai die tassies heen en weer en huppel. Hoekom is dit? Is een persoon beter of sterker as ‘n ander? Ek glo nie.

So, is bagasie iets waaroor ek of jy moet skaam wees? Nee. Hel nee! Hoekom sal ons skaam wees vir die goed van ons verlede wat die mens wat ons vandag is, gevorm het. Van dit wat ons dra was dom foute, verseker. Van die goed is waar ons mislei is. in beide gevalle is daar lesse wat ons moet leer. Hierdie lesse is nie noodwendig dat jy dit nie weer moet doen nie, heel moontlik net dat jy dit anders moet doen. Langer moet wag. Die les kan wees om te leer om weer te vertrou ten spyte van wat aan jou gedoen is anders ontneem jy jouself dalk van iets wonderliks later in jou lewe. Dit kan wees sodat jy die wysheid het om te kan vergewe voor die Duiwel by jou steel in die toekoms. Ek weet nie. Wat ek wel weet is ek is nie meer skaam oor my verlede nie. Daar is genoeg goeie goed om die sleg te kan balanseer in my eie oë, en dis al wat tel.

Daar is soveel letsels wat mens kry as iemand jou seergemaak het. Soveel verharding wat saam met ons bagasie kom partykeer. Tog praat ons van ons harte as klip terwyl dit ‘n spier is. Deel is van ‘n liggaam wat kan genees. Dis net moeilik. Letsels word hart van vrees vir dieselle seer weer te kry of dalk omdat ons altyd aan die seer plek torring en nooit vergewe werklik nie. Vergifnis… Nou daardie is die liewe Vader se vitamien E olie. Want elke keer wat jy die besluit maak om weer te vergewe sit jy van daardie olie op daardie seer. Tot eendag wat die letsel weg is. Die hartseer kom in as ons nie daardie vergifnis toepas daagliks nie. Want sien, letsels kan groei ook. Jou lewe oorneem. Jou toekoms en geluk vernietig.

Die eerste ding wat gebeur as jy iemand ontmoet vir die eerste keer na die ‘hello, hoe gaan dit’ stadium is ons begin one bagasie deel. Dit is subtiel partykeer, of op die man af in my geval. Mens doen dit, volgens my, want mens soek aanklank en aanvaarding by wie jy jou bagasie deel. Dit kan kollega, vriend of vreemde persoon in die ry by Binnelandse Sake wees. Pasop vir daardie ry, die gesels tyd hou nooit op nie. As jy gelukkig is vind jy aanklank en vriendskap vorm. Dalk is net dit net genesend om dan te hoor wat in iemand anders se lewe gebeur het. God sit jou nie in geselskappe sonder rede nie. Ek glo ook glad nie in toeval nie. Alles gebeur met ‘n rede al vind ons nooit uit wat daardie rede is nie. As jy regtig gelukkis is vind jy boesemvriend of nuwe liefde met hierdie deel.

Bagasie moet die trappe wees wat van jou meer maak as wat jy nou is. Let op ek gebruik nie die woord ‘beter’ nie. Jy is goed genoeg nes jy is. Glo dit met jou hele wese. Dis waar, ongeag wat iemand vir jou in die verlede gesê het. Leer die lesse wat jy moet leer, ken die ‘shit just happened’ oomblikke uit wat jou kragte net toets.

Moet nooit dat die goed in jou tassies jouself of die mense naby aan jou seermaak nie. Jou tassies is nie iets waaroor iemand jou kan veroordeel nie. Dit is net deel van wie jy is vandag, nes jou sproete. Wees volwasse genoeg om vrede te maak met jou bagasie, dan word jou tassies die trappe waarop jy staan om die podium uit te klim en nie die ankers wat jou vas pen aan die grond nie.

Advertisements

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: