Kan ons “compromise” met seks

So laat dit vir my les wees as ek vra vir wat ek oor moet tik. Hierdie is weereens my waarheid, as dit jou kwaad maak… Jou probleem, nie myne nie.

Om hieroor te praat gaan ek eers my twee siening gee oor seks.

1. Dit kom rerig van God af. Sien as jy seks het met iemand is daar `n binding wat plaasvind. Jy word een met die ander persoon. Die Bybel sê juis dit is presies wat gebeur. Eenvoudige tog seer toets vir dit? Breek op met iemand wat jy mee seks gehad het. Vergelyk daardie pyn met iemand wat jy mee opbreek wat jy dit nie meer gehad het nie. Soos die engelsman sê “Point proven”.

2. Dit is of die mees wonderlikste ervaring en word elke keer beter (buiten vir die tye wat dit net nie werk nie) of dit is die mees sielsdodende ding wat jy aan enige verhouding kan doen. Toets vir dit is maklik, maar moet nie jou partner vra nie want as hy die waarheid praat gaan dit net julle alby skade doen. Hê seks vanaand met jou partner, maar jaag net jouself na, hou jou oë toe, en as jy joune gekry het stop. Ongeag jou maat. Seer ne? Dis omdat seks liefde is, en wanneer jy dai kosbaarheid minag, of “halfheartedly” doen maak dit seer. Sien punt 1.

Ok, so “compromise”… Ek gaan my opinie gee volgens Hoe, Wat, Waar en Wanneer.

Hoe: Nee, ek gaan nie posisies verduidelik nie. Hierdie is nie porn nie. “Hoe” doen mens seks om die meeste vir mekaar te kan beteken. Om alby in ag te neem sonder dat een van die partye verstoor of afgeskeep voel. Met liefde en aanvaarding. Vir my beteken dit dat elke vorm van intimiteit wat jy met jou maat deel liefde is. Dit beteken Dat jou gesindheid reg moet wees. By `n huwelikseminaar het die preker gesê “As jou vrou vir jou iets mooi aangetrek het, en al het jy die dag jou dag van hel gehad, vat 5 minute en stort en waardeer wat jou vrou gedoen het ongeag wat jou dag was.” Want hoe mens seks het is 100% jou gesindheid. Of jou maat wil hê jy moet haar hare trek ens ens is julle eie behoeftes en voorkeure om uit te werk. En daar is niks verkeerd met enige van die tipe goed nie want jou gesindheid is liefde. Dis `n mispersepsie oor die hele BDSM ding ongeag hoe ver jy dit vat. Maar dis `n hele ander post op sy eie. So hoe “compromise” jy op die hoe wat eintlik jou gesindheid is? Jy doen nie. Punt.

Wat: Wat is seks, wat is liefde maak en hoe maak die goed sin? Dis maklik. Alles wat tussen jou en jou maat gebeur is liefde maak. ALLES! Want dit is tussen julle twee, tussen twee mense wat lief is vir mekaar en veronderstel is om mekaar ten volle te aanvaar. Nou hier kom daar baie compromise in. Twee mense wat soos volwassenes kan praat oor hulle behoeftes sal genoeg middlegrond kry om mekaar te kan bevredig. Sien, jou man mag dalk daarvan hou dat jy hom domineer of vice versa. Julle mag dalk quickies doen, of 100 ander goed wat tussen 10 mense nie vir een ewe veel beteken nie. Jy en jou maat moet openlik kan gesels oor hierdie goed. Want wat vir julle die intimiteit in julle verhouding bou is nie wat vir iemand anders werk nie. Vind julle middelgrond wat van goue liefde gemaak is en bevorder julle verhouding se intimiteit sonder om mekaar te veroordeel.

Waar: Met die ligte af, in julle eie bed alleenlik en ook nie as daar gaste is nie. Nee!! Waar is God vir julle lief? Net in die kerk? Orals ne? So hoekom is julle intieme lewe net vir in die donker? Jou man mag dalk net sy vrou vir wie hy lief is kan sien in die lig. Jou vrou sal dalk net erens buite die huis tussen vriende wil sien jy kyk vir haar asof sy al een is wat bestaan. Maar hierdie is een van die goed wat julle as couple moet saam aan werk. Want dit verander met tye, as julle kinders het is dit nie dat julle minder tyd het nie, julle moet net meer kreatief wees. En baie meer gesels om seker te maak julle mis nie die verhouding tussen mekaar op uit nie. Timothy Kieswetter het `n show/boek wat sê “Seks in die kombuis en ontbyt in die bed”. Dit is die beste beskrywing vir die regte sienswyse volgens my.

Wanneer: Heeltyd. Maar Francois mens kan nie heeltyd/elke aand/een keer per week nie. Blah Blah Blah. Nonsens. Intimiteit en seks kom vanuit mekaar se liefdestale praat. Jou liefdestaal, intimiteit en seks is alles een volgens my. Dit beteken elke dag julle liefde aan mekaar bewys. Dit beteken nie jy is verantwoordelik vir jou maat se geluk nie. Glad nie. Maar jy is verantwoordelik vir of jou maat geliefd voel of nie. Hoe kan ek dit sê? Maklik, sien ek glo jy moet jou maat dien in alle opsigte. Jullemoet mekaar dien in alle opsigte. Mekaar se liefdestale praat. Jou maat het dalk een keer `n maand lunch saam jou nodig dan voel hulle wonderlik geliefd vir die maand. Of sy het 5 minute elke dag nodig. En so kan ons dit vat na elke liefdestaal. Weet wat jou maat nodig het, en gee dit vir haar. Wat het dit met “compromise” te doen? Wel, hierdie is intern vir my. Want om vir jou maat geliefd te laat voel moet jy jou eie tyd en geld en ambisies partykeer “compromise” sonder dat jy dit noem vir jou geliefde. Jy gaan moet opoffer wat vir jou belangrik is ter wille van jou verhouding. Wat maklik is as julle alby voluit gee. As jy en jou maat deru rowwe tyd gaan en nie kan nie is dit ok, solank die norm herstel word na tyd. Julle norm. Julle is dalk `n een keer `n jaar couple. Solank dit vir julle werk, wie gee om. Wees net eerlik met mekaar en vind die goue middeweg.

“Compromise” is so maklik in die begin, maar word partykeer `n magstryd in verhoudings.

Vir die vrouens: Jammer vrouens, maar julle is gewoonlik skuldig met dit. Want julle mans soek julle en dis die wortel en stok argument. Die hartseer is dit breek die vrye intimiteit af. Dit breek mans se jagtergees, dit maak van jou in jou man se oë nie die bokkie wat hy wil jag nie maar die skaap wat hy elke dag moet skeer. Die een is opwindend, die ander een is sielsdodende werk.

Vir die mans, moet nooit dat jou maat voel hulle is jou opoffering in die lewe nie. Hulle is die beste maat vir jou, dis hoekom jy haar gekies het. Meet jou opoffering nie aan wat jy verloor nie (daardie golfdag is net so lekker as jy half 6 by die huis kom eerder as 10 uur) maar in wat jy wen. Want ek glo `n vrou wat weet haar man stel haar eerste in sy lewe sal blom soos die mooiste roos en jou elke dag amper amper aanbid.

So dis my gedagtes, as iemand iets het wat hulle wil hê ek oor moet gesels stuur my boodskap.

Advertisements

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: