Geduld gaan jou maak of breek

“Patience is a virtue” is iets wat ek gereeld hoor, mag dalk iets met my ongeduldige natuur te doen hê. So ek het besluit om my gedagtes omtrent geduld op die internet te gooi in die hoop dat mense my en mekaar beter verstaan.

Geduld met familie. Die van julle wat perfekte familie verhoudinge het is welkom om na die volgende paragraaf te gaan terwyl julle in die naaste, beste deur vasloop. Regtig. Loop vinnig. In elk geval. So families het drama, wie sou kon raai. Maar dis omdat hulle mense is, mense met `n definitiewe belang in jou lewe. Ons kan daaroor stry, baklei of dit probeer wegvee maar dit bly die waarheid. Of minstens myne. Maar families het ook die gawe om ons plek van veiligheid te wees. Die plek waar al is jy hoe mal of dom met tye is hulle waar jy kan veilig voel sonder om veroordeel te word. So wees geduldig met jou familie, uit `n liefde vir wanneer jou piesang die dakwaaier tref as vir geen ander rede nie. As jy gelukkig is word hulle die plek waar jy jou batterye kan herlaai. Jaag dit na.

Geduld met vriende. Hier het ek nie so baie om te sê nie want dis vriende. Dis mense wat jy kies om in jou lewe te hê. Niemand forseer jou nie. Jy kan ander vriende kry. Maklik redelik. Maar ons praat nie van die oppervlakkige tipe nie, né? Geduld met ware vriende is gesetel in die uitgangspunt dat hierdie mense is wat jou lewe deel. Al wie moontlik hulle kan afkeur is jou wederhelfte. (Sy/hy sal nie tensy jy of die verkeerde vriende of wederhelfte het, as jy klaar jou wederhelfte gekies het… poefstraat vir jou met jou verhoudinge balanseer in die toekoms, jammer hoor!) Geduld met hierdie mense is wanneer hulle goed doen wat jou seer maak, of laat wonder of hulle mal geraak het, of met mense betrokke raak wat jy net jou kop kan skud vir die trein ongeluk wat jy kan sien gaan gebeur moet jy probeer geduldig bly. Geduldig wees in hulle ondersteun. Tenspyte van enige omstandighede. Geduldig wees met hulle planne, drome en aksies. Want hulle is jou gekose broers en susters. Jy moet lief wees vir familie. Maar hierdie vriende? Dis `n keuse en vir die wat my ken weet die keuse om lief te hê is belangriker as enige iets anders. Want jy kies, konstant om lief te hê ongeag enige iets.

Geduld met jou meisie/ou/verloofde maar nie met jou gade nie. Hoekom sluit ek jou gade hier uit? Want as sy/hy jou gade is het jy klaar gekies om lief te hê en dis vir die volgende paragraaf se bespreking. Jou meisie/ou verdien minder geduld as enige iemand anders. Ja, ek het dit gesê. Hoekom? Want hierdie is iemand wat jou najaag net soveel soos jy haar/hom najaag. As julle mekaar najaag met ewe veel “effort” is dit nie nodig vir euld nie. Want die ander persoon stel jou eerste. Dit is veronderstel om maklik te wees teenoor mekaar. Gevoelens, aksies en “affection” (mal oor die engelse woord) behoort maklik te wees want dit moet vanself kom. Julle is immers in die stadium van `n verhouding waar alles lekker is, selfs sy bier asem of haar praatjies oor haar 70,000 vriendinne se ouens se katte/honde/visse. Maar. As jou verhouding bagasie het (kan regtig enige iets wees) moet jy geduld hê. Nie in wat teenoor mekaar gebeur nie, want hierdie eerste tye is dit wat die normale emosionele mikpunt in julle verhouding behoort te wees. Die geduld kom in by met die bagasie werk. Het hy/sy `n tronkvoël broer of suster? Dis iets waarmee jy geduld moet hê en moet ondersteun. Het hy/sy kinders/moeilike familie/Ex wat krap/moeilike werksomstandighede/te veel of te min geld ens ens. Hierdie is bagasie wat mens stadig uitpak en hanteer. Dit moet en mag nie die vreugde van die begin steel nie. Want jy knou `n sagte hard af wat nog nie saam jou hart geleer het sterk word in moeilike tye nie. Geduld kan hier jou breek, of jou verhouding. Maar om hemels naam kyk eerste na jouself want jou geluk kom eerste, anders gaan jy nie ander uit jou geluk kan voed nie.

Geduld met jou gade is lekker, swaar met tye en presies wat jy voor geteken het daardie dag in die kerk/onder die boom/voor die hof. Dis die geduld van ware liefde. Ware liefde is die keuse liefde. Die keuse waar maak nie saak wat die mans/vroumens aanvang nie jy kies om lief te bly. Kan mens geduld hê ten alle tye? Ja. Jy kan. Dis wragtig moeilik maar jy kan. Want jou ongeduld hier kom uit `n persepsie dat jou maat perfek is. So vra jouself, is jy mal of dom? Want ek weet vir `n feit ons is almal mense met foute. Persepsie. Sien, vrouens veral dink hulle mans is perfek. Perfek genoeg om alles te onthou wat hulle vra, wat hulle genoem het laas week, die inkopie lys te kon memoriseer ens ens. Mans weer dink hulle vrouens is perfek want sy weet hy wil gereeld intiem wees en dink sy is nog net so warm soos op hulle troudag, sy weet hy hou van sy koffie net só, sy sokkies en onderbroeke moet so gevou wees. Ok, van hierdie en 100 ander voorbeelde is dalk nie van toepassing nie maar julle kry die boodskap. Dit is wat persepsie doen, dit skep valse verwagtinge. Gee jouself jou `n tik teen die kop en hoor of jou skroef nou vas is? Want geduld is wat jy hier moet hê met `n maat wat net `n mens is. `n Mens met foute. Wat goed vergeet. Wat gemaklik raak om jou. Verskoon ek dit? Nee, hel nee! Maar ons met geduld hê sodat ons kan kalm sit en oor goed praat en dan met `n liefdevolle hart weer daardie eerste verliefdheid se aksies en gewoontes kan optel en mekaar se liefdestale praat. Dis jou maat. JOUNE! Jy het homhaar gekies bo alle ander. Hoe kan jy ooit minder as jou beste wil gee vir die een wat jy gekies het bo alle ander?

Laaste een is vir my. Jou. Ons elkeen. Wees geduldig met jouself. Met jou foute. Met jou gewoontes. Met die goed wat jy in faal. Gee jouself `n breuk. Jou lyf word nie in een dag in die gym gebou nie. Jou graad kry jy nie na 1 klas nie. Jou emosionele welstand is nie (altyd) terug na 1 dag se “ek-tyd” nie. Dit vat 2. Of 3. Of `n 100. Wees geduldig met jouself. Ek WEET hoe dit voel om harder op jouself te wees as ander. Dit is maklik om jouself onder kruisverhoor te neem want jy het nie iemand om dan jouself teenoor jouself te verdedig nie. Breek daai gewoonte en gee jouself `n breuk. Verstaan dat jy besig is met iets, dat dit `n pad is wat jy moet stap. Pad. Wat. Jy. Moet. STAP! Nie hardloop nie want dan ontneem jy jouself die geleentheid dat die lesse insink. Nie kruip nie want jy is nie `n slaaf nie. Stap, saam met God deur jou eie lewe wandel. Ek gee nie om wat jou behoeftes, gevoelens of persepsies is van jouself nie. Aanvaar dit. As jy dit wil verander wees geduldig met die proses. As jy nie wil nie en dit veroorsaak dat jy foute maak (wat jy dalk mee gelukkig is in elk geval) skud jou kop vir jouself, glimlag en wandel voort. Niemand moet jou afkraak nie, minste van almal jy, jouself.

Advertisements

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: