Wees “Ek eerste”

Na baie gedink het ek besluit om tog maar aan te gaan met dit wat ek begin het. So my ‘posts’ gaan aanhou, wel net eerder hier as op Facebook. Bietjie meer privaat.

Vandag se post is oor om jouself eerste te stel. In alles. Dit klink seker te selfsugtig ne? Praat ek van jouself bo ander stel, nee. Praat ek van net jou eie geluk najaag, nee. Ek praat van eerstens altyd jouself eerste te stel. In die sin van om nie in te gee om te verander na wat mense verwag jy moet wees nie. Om nie jou eie mens wees te verloor nie.

Is jou huidige verhouding en waar jy nie volkome jouself kan wees nie? Is jou vriendskappe die waar jy as mens nie aanvaar word nie? Dis dalk tyd vir nuwe mense in jou lewe. Maar lees eers verder.

Ek glo in aanpasbaarheid. Hemel weet hoeveel ek van myself terughou op daaglikse basis. Maar daar is vir elkeen van ons kern goed wat ons siel voed. Wat maak dat wanneer die wêreld jou ‘n tree terug stamp jy regop kom, die lewe in die oë kyk en hom tromp op loop.

Vir my is dit fisiese aanraking van geliefdes. Dit is die gevoel van ek het gewen as dinge reg gaan by die werk. Dit is wanneer ek voel hoe God my op die skouer tik as ek WEET ek het die regte ding gedoen. Dit is die gevoel van jou maat se hartklop teen jou eie. Die lag as jou kind giggel uit hulle mag uit.

Ek weet nie wat vir jou daai gevoel gee wat gelyke tye teerheid en uitbundigheid is nie. Wat dit ookal is, jaag dit na met alles in jou. Dit is wat jou eendag as jy terugkyk gaan laat besef jy het ‘n vol lewe gehad.

Advertisements

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: