Maak vrede met jou foute. Deel 1

Ek dink daar is baie mense wat wonder in hulleself, wat dag in en dag uit hulleself roskam. Dit is mos maklik om vir jouself vies te raak oor jou eie foute. Of erger, blindelings deur die lewe te gaan sonder om jou eie foute raak te sien. In my hart dink ek dit is meer hartseer om blind te wees vir jou eie foute. Jy is blind, en ontneem jouself eintlik maar jou eie groei. Hart te wees op jouself is op sy eie manier sleg, want jy breek jou eie menswees af.

So wat is die foute wat ek van praat? Jou sproet op jou oor wat jy jou ma al van tiener tyd af smeek om te laat afsny? Jou gewig? Jou nuwejaarsvoorneme wat alweer net tot die derde Januarie gehou het? Niks van dit nie. Oftewel, nie iets so eenvoudig nie.

Kom ons begin oor die foute waarop ons so hart is op onsself. Hierdie is die foute wat jy weet jy het. As jy nie met oogklappe na jouself kyk nie het jy al die insig om baie van jou foute tekan sien om aan hulle te werk. Hierdie is foute soos lui wees, vinnig wees om kwaad te raak, te veel tegemoetkomend te wees ensovoorts. Dit is die foute waar net na jy dit gedoen het is jy gewoonlik vies vir jouself. Dan voel jy skuldig. Dan belowe jy jouself dit sal nooit weer gebeur nie. Dan voor jy jou oë uitvee het dit weer gebeur, sommer twee keer.

As jy kyk na die volgorde hierbo sal jy sien jy hanteer jouself as ‘n stoute hondjie. Jy raas met jouself, maak mooi jammersê ogies vir jouself en dan kou jy weer aan jou baas se gunsteling stoffels. Hoekom hanteer jy jouself as enige iets anders as ‘n volwassene? Of is jy gemaklik daarmee om jouself soos ‘n onskuldige kind te hanteer, een wat geen volwasse besluit kan maak nie? Hemel weet ek hoop nie dit is hoe ons na onsself kyk nie. Want dit sou beteken ons het geen beheer oor ons eie lewenspad nie, geen besluit wat ons neem kan enige verandering in ons lewens bring nie. Dit is hartseer.

Ek glo dat elkeen van ons het menigte foute. Ons is immers mense. Met dit saam het ek ook besef daar waar ons die grootste foute het is waar ons beste sterk punte kan vandaan kom. Ons moet net ons koppe op die regte plek kry. Wat is die regte plek?

Hier is my stellings vir hoe ons ons koppe moet begin instel om nie meer so hart op onsself te wees nie:

  1. Besef jou lewe is ‘n pad en nie ‘n bestemming nie.
    Dit beteken dat elke dag ‘n nuwe tree is. Jy is nie gebore perfek nie al het jou ma so gedink. Jy kan daagliks aan jouself werk en verbeter.
  2. Jou foute maak jou nie die satan nie.
    Ek hoor so gereeld mense wat dink hulle is ‘slegte’ mense oor hulle foute, hulle verlede of iets wat hulle aan iemand gedoen het. Dit is twak. Ja, jy het dalk iemand seer gemaak, dit was verkeerd. Kom oor dit al vergewe die ander persoon jou nie. Sê jammer en beweeg aan. Jy is mens. Jy gaan foute maak. Dit maak jou nie Hitler nie.
  3. Foute is in jou karakter sodat jy daaraan kan werk en verbeter.
    Jou geneigdheid om jou humeur te verloor, ongeduldig te wees of te lag as iemand seer gekry het is alles normaal. Is dit ok om dit net te aanvaar as dit is hoe jy is as jy vir jouself gesê het dit is ‘n fout van jou? Nee. Dit is hoekom mens aan jou foute werk.
  4. As jy nie dink dit is ‘n fout nie, dan is dit nie een vir jou nie.
    Met dit probeer ek te sê dat as jy ongeduldig is met mense wat nie tot die punt kan kom nie byvoorbeeld, en voel dit is goeie punt dat jy so is, is dit ok. Jy mag so dink. Of jy reg is of verkeerd is hang net van jou af en God. Jy fokus dalk eerder op ander iets wat jy doen wat jy vir jouself uitgewys het as fout.
  5. Mense se identifikasie van jou foute kan jy maar ignoreer.
    Die kennis wat vir jou sê jy is te kwaai met kollegas kan jy maar ignoreer. Want die persoon ken jou nie, ken nie die omstandighede nie en veroordeel jou dalk weens een insident in plaas van met jou ‘n pad te gestap het. AS hulle iets uitwys wat jy reeds aan werk is dit dalk groter probleem as wat jy besef het. Gebruik jou eie gesonde verstand.
  • JY is net mens. JY is waar jy is, op die plek waar jy is vir ‘n rede. JY is die moeite werd.
  • Moet nie dat daar in jou oor gefluister word en goed oor jou gespreek word wat jy nie hoef aan te trek nie. Moet ook nie van jouself verwag om perfek te wees nie, jy gaan jouself net elke keer teleurstel en ‘n bose siklus begin wat nooit sal eindig nie.
  • Ek gaan die post hier stop, en eerder die res in deel 2 mee aangaan. Vrede.
  • Advertisements

    Nuwe Begin, Nuwe Boek

    Ek is baie opgewonde oor hierdie post. Sien ek weet ek het een van my stokperdjies totaal afgeskeep. Skryf. Soos met enige stokperdjie wil mens dit net doen as mens geinspireerd voel om dit te doen. Onlangs was dit nie die geval nie. Toe kom ek af op prent wat een van die digitale kunstenaars wat ek ken geteken het en dit het my gegryp.

    Ek is mal oor ‘fantasy’ en ‘sci-fi’ engelse boeke. Inteendeel buiten vir enkele uitsonderings is dit al wat ek lees. Die boek gaan ek onder my eie naam publiseer. Die hoofkarakter is geinspireer deur my beste vriend van baie jare. So hoekom hierdie post? Hierso is dit:

    1. Ek wil myself motiveer deur een keer ‘n maand minstens my woordtelling op die boek te kan post. Die vordering gaan dalk iemand daar buite inspireer om self te begin skryf. Wie weet?
    2. My plan is om teen Desember die boek op Amazon en al die groot aanlyn verkopers te hê. Die gedrukte weergawe sal hopelik betyds wees sodat ek myself kan bederf met ‘n kopie vir kersfees.
    3. Ek beplan dat die boek so 45,000 woorde sal hê. Dit beteken omtrent 180 bladsye. Hang af hoe groot die print boek gaan wees ens.

    Soos met enige projek moet daar ook mylpale wees. Myne is as volg:

    1. Sodra eerste 10,000 woorde geskryf is gaan ek die naam bekend maak.
    2. Sodra die boek op 30,000 woorde staan sal ek die voorblad post en ook onder “Fiksie Verhale” hierbo
    3. As die boek klaar is en ek hom deurstuur vir proeflees sal ek die boek oopmaak vir “pre-order” met bekendstelling 2 weke later. As iemand op die voorblad van die boek kliek sal julle na een van die aanlyn verkopers geneem word om my te ondersteun.

    Ek is opgewonde om weer te skryf. Dankie byvoorbaat vir almal se ondersteuning. Vrede.

    Moet ons verskil van mekaar?

    Hierdie post is geinspireer deur elke verhouding wat ek al gehad het asook elke huwelikskursus. Sien daar is mos die gesegde in engels van ‘opposites attract’. Hier is my siening.

    Hierdie post is in geen vorm daar om jou huidige verhouding onder die vergrootglas te plaas nie. Dalk help dit jou, jouself en jou maat beter verstaan. Hoekom verhoudings werk of nie werk nie is helfte van die tyd nie eens duidelik vir die van ons wat in een sit nie, so hierdie is ook nie ‘n lys van aanpasbaarheid nie. Net dalk goeie riglyne om aan te dink. Sien daar is fasette van wie julle elkeen is wat ek glo belangrik is en sekeres wat glad nie saak maak nie. Kom ons kyk eers na wat saak maak, wat is die goed wat ek glo julle oor op moet saam stem en dieselfde of baie naby aan dieselfde moet wees.

    1. Geloof. Dit klink dalk vanselfsprekend maar dit is baie moontlik dat jou geloof of selfs kerkverband ‘n skeur in jou verhouding kan bring. Ek dink meeste mense in charismatiese kerke en die meer tradisionele susterskerke sal geskok wees oor die verskille as hulle mekaar sondae sou besoek. Dan wil ek nie eens dink hoe ‘n verhouding sou wees tussen ‘n christen en iemand van ‘n ander geloof nie. Saam met geloof is daar baie kulturele tradisies ook en julle moet alby oop oë na die verliefdheid verby is oor hierdie sit en gesels.
    2. Julle eie konsep van prioriteite in verhouding en eendag kinders. Dit klink dalk vreemd maar jou maat kan dink dat om in ‘n verhouding te wees beteken julle gaan saam uit met sy/haar vriende en die ander een gaan net saam. Jou maat mag dalk dink dit beteken meer tyd saam rustig alleen by die huis. Een of alby partye mag dalk dink kinders kry is belangrik terwyl jou maat voel saam reis is die eerste priorityd. Wil alby kinders hê? Hoe gaan disipline gehandhaaf word? Dis belangrik om hieroor te gesels want ons vat meestal hierdie tipe goed as vanselfsprekend en dan raak ons opgewerk teenoor mekaar sonder om te weet wat die onderliggende rede is.
    3. Jou persoonlike lewens ideale. In die verlede het baie mense getrou want dit was net die ding wat mens doen. Vra enige vrou wat 24 slaan, erens het iemand haar al gevra ‘nou wanneer trou jy?’. Die wat hulleself kan inhou het nie die vraer geslaan nie. High Five van my af! Jou ideaal mag wees om ‘n loopbaan eers te bou, jou eie besigheid te begin, kinders te hê op veertig, huismamma of pappa te wees. Wat dit ookal is maak nie soveel saak soos dat alby die ander een in hulle eie lewenspad ondersteun nie. Alternatiewelik gaan julle sit met frustrasies. Die tipe frustrasie wat maak dat jou verhouding soos ‘n hok begin voel. Wees ook volwasse genoeg om te besef hierdie kan verander ten enige tyd, alby moet net eerlik met mekaar wees en julle goue middeweg vind.
    4. Liefdestale en intimiteit. Hierdie is bitterlik sensitief, ons is gewoonlik nie eerlik 100% nie om ons maat te probeer paai en dan veroorsaak dit frustrasies. Wees eerlik oor jou liefdestaal en wat jou laat goed voel. Dis immers jou maat se lekkerste lekker as hy jou geliefd kan laat voel en vice verse. Klem op geliefd en nie gelukkig nie. Jy is verantwoordelik vir jou eie geluk. As daar donkerte of seer in jou lewe is oor intimiteit is dit wanneer julle verhouding so ver is juis by jou maat wat jy dit kan by oopmaak. Ek glo God se genesing kom die meeste uit verhoudings. Want dit is in daardie intimiteit van voor hom sweer aan mekaar wat Hy tussen ons woon. Maar dalk is dit net met my wat dit so werk.
    5. Volwassenheid. Nou wat praat ek nou van? As jou maat een is wat kinderlik manipuleer terwyl jy volwasse is in terme van konflik het julle probleem. As een van die partye probleem het met stemme wat verhef word en die ander een kan nie dit beheer nie is daar ‘n probleem. Dit gaan nie hier net oor konflik nie maar ook oor kommunikasie. Kan julle mekaar verstaan as julle met mekaar praat, nie net die woorde nie maar ook die betekenis agter die woorde. Kan julle mekaar intellektueel stimuleer? Is dit lekker om net te gesels tot die son opkom? Of in stilte net saam te sit? Daar is redes hoekom mans meestal jonger vrouens trou, maar ook vir die teendeel. Ouderdom maak nie saak nie, volwassenheid doen.

    Nou kom ons praat oor wat nie saak maak nie.

    1. Die res. Ja, ek bedoel dit regtig. Persoonlikheids tipes, liggaamsbou, oefen patrone en stokperdjies ensovoorts maak niks saak nie. Jou maat se stokperdjie is nie ‘n bedryging vir julle verhouding nie. (Verstaan ek praat van gesonde stokperdjies). As hy of sy die stokperdjie kinderlik najaag bo alles en nie ‘n volwassene (sien punt 5 hierbo) kan wees oor balans met dit nie, het julle ‘n probleem. Dit is ok om nie mekaar se klone te wees nie. As julle is en julle verhouding werk is dit net so fantasties soos ‘n verhouding waar julle hemelsbreed verskil maar julle verhouding is suksesvol.

    Ek glo in ware, keuse liefde soos julle al gelees het in vorige posts. Dit beteken as die kern van julle verhouding reg is en julle saam stem oor die goed hierbo julle op ‘n plek sal kan bly waar om mekaar lief te hê maklik is. Omstandighede mag dalk druk op julle uitoefen maar die fondasie is sterk. Dit is wat saak maak. Hoop julle verhoudings is sterk, dat julle mekaar se verskille vier al is die enigste verskil tussen julle, julle haarkleur. Vrede.

    Meer struktuur in wanneer ek post

    Met die belangstelling wat julle wonderlike mense sover toon het ek gedink om bietjie meer struktuur in te bring. Deels sodat ek nie uitbrand nie, ek het my gesinstyd nodig, en deels om meer in diepte te kan gesels oor goed.

    Van nou af gaan ek die posts per week maak. Ek gaan probeer om dit so dag of twee uitmekaar te maak.

    So as julle ‘n onderwerp het waaroor julle wil hê ek moet gesels, laat weet my of los ‘n comment op hierdie post.

    Verder, dankie vir die van julle wat my gedagtes ‘share’ op sosiale media. Ek sê nie dankie namens myself nie maar die privaat boodskap hier en daar van mense wat kon baat vind by iets wat ek gesê het.

    Kan mens genoeg kry?

    Ek haat die woord genoeg in meeste van sy betekenisse. Dit klink altyd so asof mens vrede maak met net net genoeg. Om middelmatig te wees. Twak daarmee!

    Ek hoor soveel keer mense sê: “Skiet vir die sterre en as jy mis tref jy dalk die maan.” Nou moet ek vra, hoekom op dees aarde sal jy tevrede wees met die maan as jy die sterre wou raak skiet? Of is ek simpel? Is ons verwagtinge te maklik afwaarts aanpasbaar? Of sien ons onsself minderwaardig?

    Daar is natuurlik ‘n teen argument wat ek nog nooit kan wen nie, nie eens met myself nie. Dit is, wat is jou prioriteit met jou lewe en wat sal jy prys gee daarvoor. Kyk, ek weet ons kan nie alles kry wat ons wil hê nie, die wereld werk net nie so nie. So ook is daar goed wat ek voel mens net nooit moet ophou voor streef nie. Dromme……

    Geld. Jaag geld na. Nie sodat jy soveel moontlik kan hê nie, want dit is sinneloos, maar sodat jy jou gesin kan versorg. Mense maak te veel van geld najaag, sonder om die gesindheid daaragter te ondersoek. Ek glo as jy geld najaag vir die regte redes en nie ten koste van jou familie nie is daar iets ongelooflik wat gebeur. Jy kan vir jou gesin sorg. Ek gee nie om watter bedrag nou in jou kop is nie want bedrae maak nie saak nie. Jaag geld na om vir jou familie te sorg sonder om jou familie op die altaar te offer.

    Liefde. Ek wag vir die dag dat iemand sê “Hy/Sy het my nou genoeg liefgehad, ek wil nou hê hy/sy moet stop.” Sal omval van skok ek dink. Die mens is gemaak om onophoudelike liefde te kan ontvang en gee. Want ons is in God se beeld geskape en God is liefde. Dis hoe ek dit ervaar in elk geval.

    Deernis. Hier praat ek nie van die halfhartige deernis om vir die karwag R5 elke dag te gee nie. Hier praat ek van die deernis om die karwag op te lei in iets wat sy passie is en sy lewe te verreik. Die R5 kos jou nie veel nie. Met ware deernis jou tyd op te offer… Dit vra iets. Om ander te ondersteun is meer as net “word gou beter” kaartjie. Dit is oproepe, besoeke, versorging. Nog niemand is dood van te veel ware deernis te gee nie.

    Verhoudings. Ek kan sommer sien hoe die houe kan val oor hierdie een. Tog verwag ons dat mense in ‘n verhouding moet kan ingaan vir die eerste keer en alles net reg doen. As dit nie werk nie dan blameer ons een of alby partye, die weer, vriende ensovoorts. Tog het ons onsself nie die kans gegun om te leer hoe om goeie verhoudings te bou nie. Om werklik met ‘n maat te kan kommunikeer. Om vir mekaar te kan opoffer met belangrike goed van onsself.

    Tyd vir myself. Ek is die eerste een wat sal sê “tel jou skouers op en storm voort”. Tog moet ek altyd onthou sonder daardie tye vir myself (Kan 5minute per dag wees) sal ek nie kan funksioneer nie. Dit is reg om jouself eerste te plaas, want as jy na jouself kyk kan jy ook na ander kyk. Koop kwaliteit tyd uit vir jouself. Jy kan dit nie genoeg doen nie, tensy jy wil uitbrand.

    Daar is dalk ander goed in jou lewe wat jy desperaat nodig het, wat jy nooit genoeg van kan kry nie. Dit is die goed wat jou die energie gee en die standvastigheid om jouself te wees ten alle tye en omstandighede. Wees jouself, jaag die goed na waarvan jy nie genoeg kan kry nie en loop jou eie pad tot die einde.

    My maat, dis hoe jy vergewe

    So wat is dit met mense wat sukkel om te vergewe. Is dit ‘n knoppie in ons kop wat maak dat ons so fokus op hoe ons tena gekom is dat ons net nie kan enige iets anders sien nie? Is dit net deel van menswees om ander altyd te verkwalik? Hel ek hoop nie so nie. Want as dit net maar nog iets is wat deel is van menswees beteken dit ek en jy het eintlik geen beheer oor onsself nie. Dat ons keuses nie saak maak nie. Dit kan nie waar wees nie.

    Julle sal al agterkom ek is groot op keuses. Keuse liefde. Keuses oor die algemeen. Sien ek glo dat ongeag hoe jy voel of wat jy dink kan jy die keuse maak om op sekere manier te reageer. Hier praat ek nie van die instinktiewe keuse van jou hand van die warm plaat afhaal nie (alhoewel jy kan jouself leer om dit nie te doen nie) maar die nugtere besluit om sekere aksies te kies. Die van julle wat ouers is sal hierdie veral verstaan, dit is daardie middae wat jy dood moeg is en niemand mee wil praat nie en jou kind wil net so graag vir jou van hulle dag vertel. Vir die volgende 40 minute. Met niks wat sin maak in die hele gesprek nie. Tog maak jy die keuse om vir jou kind jou aandag te gee. Want jou kind is belangriker as hoe jy voel. Klink maklik ne?

    Wat de hoenders het dit met vergifnis uit te waai? Vergifnis is a keuse. Ja, die eerste keer wat jy vergewe mag dit jou gewete wees wat jou aanhits om te vergewe. Daardie stemmetjie wat sê jy moet iemand vergewe as hulle jou seergemaak het per ongeluk. Want dit was per ongeluk. So dis eintlik ok. Dit maak nie jou seer minder nie, maar ons regverdiging van dit was nie bedoel nie maak dit makliker. Party mense sukkel met selfs hierdie. Meer oor onvergewinsgesindheid later.

    Hoe vergewe jy dit wat op jou gemik was, of wat voel asof dit op jou gemik was? Want daardie is diep seer. Dit is nie maklik nie, jou gewete is gewoonlik hier die stem wat sê “klap terug, dubbel so hard”. Jy kan dit doen. Niemand gaan jou blameer nie want jy is mos geregverdig uit jou seer. Bullshit! Ja, julle het reg gelees. Daar is geen regverdiging in hierdie wereld om iemand doelbewus seer te maak nie. Ek praat hier van binne persoonlike verhoudings met mense, hetsy vriende, familie, kollegas of wie-ookal. Mense doelbewus seer te maak op persoonlike vlak pluk jy vir jouself groot lat. Hoekom sê ek so?

    Seën. Dis hoekom jy moet vergewe. Dis hoekom elke keer as die seer opkom of die vyand jou wil oortuig jy is “geregverdig” om terug te kap jy die keuse moet maak om anders op te tree as hoe jy voel. Anders verloor jy jou seën.

    Die seën waarvan ek hier praat is die daaglikse ingryping in ons gemoed deur God. Gewonder hoekom alles verkeerd loop as jy aan die verkeerde kant van die bed opgestaan het? Vir my moes ek leer om op sulke dae net oomblik te vat waar ek kan vrede kry weer in myself. Anders is jy oop vir aanslagte die hele dag. God se vrede bewaar ons gemoedere selfs in die dae wanneer ons emosies helemal mal gaan. Verstaan my mooi, ek het al baie daardie vrede so ver verloor ek kon dit eers week later weer kry. Was seker die meeste chaos wat ek in een week kon hê.

    Hierdie seën laat ons die daaglikse goeie om ons raaksien. Wanneer laas het jy terwyl jy erens staan of stap net vir die voëltjies gekyk wat rond hop op soek na kos? Of na die veld wat deur die wind gestreel word? Hierdie goed en honderde ander is so eenvoudig maar dit laat ons die Vader se hand om ons sien.

    Wat maak onvergewinsgesindheid aan ons? Twee eenvoudige goed tog is die skade daarvan ontelbaar.

    1. Dit vat ons vrede. Die gevaar lê daarin dat mens raak so paranoïes vir weer seerkry dat ons sukkel om vrede in alle aspekte van ons lewens te ervaar. Dit kan so erg raak dat ons ‘n form van PTSD ontwikkel. Dit tas naderhand jou gesondheid en (erger) jou gesindheid teenoor alles en almal aan.
    2. Dit steel God se seën oor jou lewe. Vergewe mekaar sodat God julle sal vergewe. Ek glo mense sal van my verskil maar wanneer ons elke keer vergewe glo ek vas dat God ons seën daarvoor. Want dan stap ek perfek in tyd met God se hartklop, wat verhoudings met mense is.

    So hoe maak ek met die seer? Ek kies om my emosie uit my aksies uit te haal. Ek kies om lief te hê al is ek seergemaak.

    Laaste belangrike punt, net omdat jy vergewe het beteken nie jy moet dieselle foute toelaat in jou lewe as jy dit kan voorkom nie. Ek het gesê wees lief vir mekaar, nie onnosel nie. Partykeer moet jy wegstap uit verhoudings, situasies, plekke juis omdat dit is waar jy seer kry. Dis ok om weg te stap. Vergewe en beweeg aan. Moenie dat die seer soos ‘n anker jou terug rem omdat jy nie die ketting kan breek en vergewe nie.

    Bitter-soet Tye

    Hierdie post was eers getiteld ‘Bitter, Soet Alleen’. Want ek wou oor my ervaring van alleen wees gesels van onlangs en baie lank terug. Goed wat ek geleer het weens goeie inspraak van vriende, sielkundige (don’t knock it till you tried it), familie en kollegas. Ek besef toe dit is nie die enigste bittersoet goed in ons lewens nie. Gesprekke kom by my op van honderde ander situasies wat met mense gebeur.

    Bittersoet stokperdjies, ja, stokperdjies. Onthou, daardie goed wat jy gedoen het voor kinders of jou huidige verhouding? Myne is saam ‘n pel baskitaar jol. Ons elkeen het ons eie goed wat vandag net nie meer moontlik is nie. Is dit sleg? Nee. Sien, in my geval is die pel getroud vandag met ‘n familie van sy eie en ek het my gesin. Sou ek hulle verruil om weer saam te kan ‘jam’? Nie in ‘n miljoen jaar nie. Ek kan sommer sien julle frons en vra waar is die soet. Die soet is nie opgesluit in weer jou stokperdjie beoefen nie. Dit is opgesluit in die herrinnering, in die stories wat jy jou kinders vertel, in die glimlag as jy weer die liedjie hoor. Vir die mense wat op die troue was: “Tonight’s gonna be a good night!”

    Bittersoet keuses is seker die moeilikste een vir ons as mens om te hanteer. Dit is die keuses wat ons maak waar daar nie net goeie uitslae is nie. Dit is die vriende wat ons voel ons moet agterlaat weens ‘redes’. Dit is die verhoudinge wat ons opgee. Dit is die karre/kitare/haarkleur keuses wat ons na die tyd oor wonder. Van dit kan ons redelik maklik regmaak. Van dit is goed wat ons selfs jare later nogsteeds oor wonder. Hier is waar die gevaar in lê, dat ons te veel fokus op die keuses wat ons gemaak het en die lewe waar ons nou in is laat verbygaan. Leef in jou oomblik. Onthou die redes hoekom jy jou keuses gemaak het en weeg jou volgende keuse op teen die wysheid wat jy (hopelik) bekom het. Onthou altyd net die goeie anders sal die slegte jou begin opvreet. Dit eet net die goeie en sal jou verbitterd los.

    Bittersoet mense. Eina. So trots op myself dat ek nie die woord ‘verhouding’ gebruik het nie. Alhoewel dit is presies waarna ek verwys. Net nie alleenlik na romantiese verhoudings nie. Daar is mense in my lewe wat ek altyd sal onthou vir wat hulle in my lewe gedoen het of beteken het. Tog onthou mens ook hoekom hulle nie meer in ons lewens is nie. Maak dit my minder lief vir hulle? Glad nie. Mis ek van hulle daagliks? Ja, verseker. Is dit reg om mense net tydelik in ons lewens te hê? Kan ons kwaad wees as mense in ons lewens is en dit voel hulle maak meer skade as goed? Nee, ons kan nie. Nou hoekom nie Francois? Hulle het blah blah blah… Jip. Ek het dit net so gesê. Sien jy kan nie wil vies raak vir mense nie, want die soet was goed, en die bitter… Wel my voorsiener is God, vir al wat ek weet was dit sy plan vir wat ek vir mense beteken het in my lewe. Hel ek is seker daar is mense daar buite wat so voel oor my in hulle lewens. Ek dink nou terug aan ‘n tennis afrigter op skool wat my afslag gegee het op lesse toe ek graad 9 (std 7) was. Elkeen van ons het sulke tye en mense in ons lewens. Onthou net jou voorsiener is God. Nie jou werk nie, nie die Lotto (rerig mense) nie, nie die nuutste Bitcoin of Forex scam nie en verseker nie jou rooi skoene nie.

    Ek wil so bietjie aangaan oor bittersoet mense. Spesifiek oor romantiese verhoudings. Hoekom? Want ek moes ‘n hele paar lesse al hier leer. As iets hier gaping in jou eie verhouding wys, bespreek dit met jou maat ek maak dit reg. As dit julle lat voel asof julle perfek is, high five van my af!

    1. Dit is ok om alleen te wees. Eerder alleen as saam die verkeerde persoon. Ek weet wat dit is om saam die verkeerde persoon te wees, as jong man het dit my baie goeie vriendskap gekos want partykeer werk dinge nie uit nie. As julle dieselle vriende het gaan jy vriende verloor. Dis normaal. Dis seer. Werk deur die emosie, genees en beweeg aan.
    2. Teenoorgesteldes werk of fantasties of glad nie. Ek praat nie van die verlief stadium nie. Dan werk alles. Ek praat van na dit. Die ware liefde stadium. Sien dan is dit daaglikse werk, as ons nie dan die werk insit nie maak ons net ons maat seer. As hierdie werk is dit gewoonlik onbreekbaar. Dit is gewoonlik dan keuse liefde op sy beste. Julle kan mekaar gewoonlik beter dra as een swak is juis omdat julle verskil.
    3. Die verliefdheid moet minstens ‘n maand hou. Hoekom ‘n maand? 30 dae is hoe lank dit die mens vat om ‘n gewoonte te vorm. As jy nie in 30 dae van verliefdheid goeie gewoontes van jou maat lief hê kan kweek nie gaan jy dit ook nie in 30 jaar doen nie. As die verliefdheid na 30 dae ophou en jy is oor die verhouding… Wel, dis verby.
    4. Wees erger as wat jy normaalweg is. Nee, ek praat nie van vals wees nie. Ek praat van as jy hou van romantiese stories saam jou ou kyk, kyk dit 5 dae van die 6 wat julle saam tv kyk. Doen dit met die goed wat vir jou daagliks belangrik is. Sê van dag 1 af jy wil so baie tv kyk ens ens. Doen dit want as dit werk vir jou in die eerste 30 dae en dit raak minder daarna (dit raak altyd minder, maak maar vrede) sal jy nog ok wees. Dit sluit goed soos kuier met vriende ens in.
    5. Wees dood eerlik met alle kommunikasie. As jy nie hou van haar in rooi nie sê dit. As jy nie hou van sy gewoonte om bruin skoene by swart broek te dra nie, sê dit! Behou die eerlikheid, dit vat minder energie om eerlik te wees. Dit bou meer intimiteit. As julle die dag trou het julle moontlik meeste drama so uitgesorteer.

    So dis dit van my kant af vanaand. Vrede.