Meer struktuur in wanneer ek post

Met die belangstelling wat julle wonderlike mense sover toon het ek gedink om bietjie meer struktuur in te bring. Deels sodat ek nie uitbrand nie, ek het my gesinstyd nodig, en deels om meer in diepte te kan gesels oor goed. Van nou af gaan ek die posts per week maak. Ek gaan probeer om dit so dag of twee…

Die ideale rol van die man en vrou

Vandag se post is al vir ‘n week besig om deur my kop rond te bons. Laas naweek het Pastoor Retief gepreek oor die huwelik en die rol van die man en vrou. Ek gaan nie die hele preek probeer oortik nie, maar ek wil tog die belangrike punte uitlig. Ek gaan begin by die vrou. Tong in die kies…

Gebruikte mense, ons moet bly hoop

Elke keer as ek begin met nog ‘n post besef ek net weereens hoeveel hierdie vir myself help. Vir die eenvoudige rede dit bring baie keer die goed wat in en om my gebeur terug in perspektief. Ek is geneig om eers lank na iets gebeur het my emosies om ‘n situasie te kan werp en dan van daar af…

Vanaand sny ek af

Vanaand moet ek hard werk om my innerlike vrede te bewaar. Ek moet vanaand myself in toom hou, om die woede van onregmatige behandeling te kan demp en hanteer. My ore vryf en “woosa” oor en oor sê omtrent. In die kar toe ek my nuutste playlist luister (getiteld: “Angry Time to F### stuff up”) en liedjie na liedjie van…

Partykeer is dinge net maklik

Hierdie laaste tyd wag ek vir die volgende krisis, rugstekery, probleem of een of ander nood om my te oorval. Meerendeels want dit is hoe hierdie jaar met tye al gevoel het. Ek dink nie eens iemand sal my kwalik neem met dit nie. In dieselfde asem moet ek ook bieg en sê ek sit baie terug en wag vir…

Is jou maat volmaak?

Ek tik hierdie na baie tyd wat ek spandeer het aan dink. Dink oor hoe verhoudings, lesse wat mens partykeer leer, oogklappe ens ens. Ek besef dat meeste van die kere leef mense met geen werklike aanvoeling vir realiteit nie. Minstens nie oor wat in verhouding gebeur nie, want ons het persepsies van hoe verhoudings is, in plaas van om…

Skok is die wonderlikste gevoel

Klink soos koerant opskrif ne? Tog is dit baie waar. Nou hoekom sal dit wees dat ek sê skok is hierdie wonderlike gevoel? Klink vreemd want mens het gewoonlik net skok na iets traumaties met mens gebeur het. Of eerder, dit is wanneer meeste van ons skok ervaar. Tensy jy die Lotto wen, dan is dit gewoonlik positief. My siening…

As jy dit nie oor jouself bring nie…

Ek wou eers praat oor hoe maak ons as ons ongeluk ons eie skuld is, in die sin van ons ontneem onsself geluk. Dit sal my volgende post wees. Vandag wil ek praat oor hoe maak ek as dinge skeef loop en ek het geen beheer oor dit gehad nie. Kyk, hierdie jaar is verseker die jaar waar ek die…